3 maande gelede
Gee jong talent nou ’n kans
Begaafd: Die Baai se Bevin Samuels het besonder­ goed in Idols gevaar.foto verskaf  ~ 

N. Beukes van die Baai skryf:

Ons lees so baie van talentvolle jong kunstenaars in die Baaise Nor­th­erns wat byvoorbeeld goed kan sing of teken, you name it.

Die probleem is net dat dié jong mense nie die resources het om hul talente aan ’n groter au­dience bloot te stel nie.

Baie van hulle kom uit brandarm huishoudings en hul ouers kan net die basiese dinge bekostig.

My beroep aan gevestigde local kunstenaars en sakelui hier in die Baai wat nou al naam gemaak het en boonop invloedryk is, is om dié jong mense aan die hand te vat en hulle die nodige blootstelling te gee.

Gee hulle die geleentheid om vir meer blootstelling byvoorbeeld by shows op te tree of by events wat in die Baai gehou word.

Ons moet die nuwe generasie kunstenaars aan die hand vat en help om ook hul drome te ver­wesenlik.

Met hul talente kan hulle dit nog sommer ver bring in die lewe.

Kyk hoe goed vaar ons eie Bevin Samuels van Helenvale, wat uitstekend in Idols gevaar het.

Kom nou, mense, steek ’n helpende hand uit aan ons talentvolles en help om hulle die nodige blootstelling te gee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters