6 maande gelede
Doen jou bes vir jou huishulp
NOOD: Die skrywer worry oor die groot aantal huishulpe wat deesdae hulle werk verloor.Foto: 1life.co.za  ~ 

Keith Blake van Ottery skryf (brief ietwat verkort):

Ek is diep geraak toe ek lees van die kommerwekkende aantal huishulpe wat sedert die begin van die jaar hulle werk verloor het.

Dié is ’n openhartige brief aan huiseienaars om te besef dat die vrou wat jy as huishulp in jou diens het, iemand net soos jy is met die hoop om vir haar familie te voorsien en wat dit vrees om werkloos te wees.

Dit kan nes ’n doodsvonnis wees om in die ry vir werkloses te moet gaan staan.

Jy moet jou oë ’n oomblik toemaak en jou in die goedkoop skoene van daai huishulp plaas. Verbeel jou dan jy word afgedank net omdat jou werkgewer ’n paar rand probeer spaar – geld wat die huishulp en haar gesin sekuriteit gee.

Ek vra julle, die werkgewers, om te gaan sit en met medelye met jou huishulp te gesels om ’n oplossing te vind sodat daar steeds geld in die huishulp se sak kan beland.

As jy finansiële stres ervaar, dan kan jy jou familie, vriende of bure vra om te deel in die huishulp se dienste.

’n Werkgewer moet dit op so ’n manier doen asof hulle vir hulself werk soek. Hulle moet ook as die lewende CV en getuigskrif vir hulle huishulp optree.

Doen alles in jou vermoë om ’n alternatiewe oplossing te vind as jy finansieel in die knyp is en soek vir jou huishulp geldelike blessings.

Die bekende teksvers kom by my op: Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters