Verlede maand
Dis straks siek maniakke
’n DUUR STORIE: Die oorhoofse kabels word weer gefix. Foto: SON  ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf per e-pos:

Al is Metrorail se diens die meeste van die tyd swak en al is die mense gefrustreerd, kan ’n mens nie anders as om Metrorail jammer te kry nie.

Sien, Metrorail verloor daagliks miljoene deur kabeldiefstal, vandalisme en brandstigting.

Al kan niemand kabeldiefstal goedpraat nie, kan ’n mens nog verstaan dit gaan oor die geld wat die diewe daarmee maak.

Maar watter siek genot kan daaruit geput word om treine aan die brand te steek?

Hoeveel mense het al hul lewe verloor weens dit? En hoeveel mense is vermink of gestrem weens dit?!

Dis net siek maniakke en psigopate wat genot daaruit kan put om treine aan die brand te steek, wetende dat mense kan seerkry of doodbrand.

’n Mens kan nie help om te wonder of dit dalk iemand is met ’n wrok teen Metrorail nie of dalk iemand wat nie wil hê mense moet treine gebruik nie, maar alternatiewe vervoer. Wonder maar net.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters