Verlede maand
Dié soort hoort nie in die samelewing
vermoor: Die 12-jarige Angel Tee is in 2016 doodgeskiet.Foto: verskaf  ~ 

Anoniem van Port Elizabeth skryf:

’n Paar dae voordat regter Mandela Makaula vir Nealon Redhouse en Deon Harmse elkeen 30 jaar tronkstraf opgelê het vir die moord op die 12-jarige Angel Tee van Barberryweg, is ’n maand oue baba wees gelaat toe haar jong ma met ’n mes doodgesteek is.

Dit terwyl die Baai nog besig was om te herstel van die skok van die grusame dood van Petrus Scholtz (70), wie se lyk net so gedump is.

Hierdie moorde het soveel families en gesinne met pyn en soveel vrae gelaat. Dié families moet nou die stukke optel en probeer aangaan met hul lewe sonder hul geliefdes.

Hoe kan mens aangaan met jou lewe as jou geliefde se lewe so wreed kortgeknip is?

Besef die moordenaars nie watter pyn en verwoesting hulle veroorsaak wanneer hulle ’n persoon vermoor nie? Julle soort hoort nie in die samelewing nie. Julle is erger as wilde diere. Gemeen. Genadeloos. Vieslik. Walglik. Barbaars.

Dis tye soos dié dat baie mense wil hê die doodstraf moet heringestel word. Die verwoesting wat julle saai met jul wapens, veroorsaak ’n ongekende pyn.

Hou op! Hou op moor, asseblief, en los ons wetsgehoorsame mense in vrede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters