14 dae gelede
Dank aan flink brandweerspan
OP EN WAKKER: Die skrywer bedank die span van die Wynberg-brandweer­stasie wat hier wys hoe ’n mens ’n brand blus.Foto: FACEBOOK  ~ 

Raadslid Mark Kleinschmidt van wyk 60, Kaapstad, skryf:

Ek is onlangs gewaarsku oor ’n brand in my bure se erf wat ’n bedreiging vir ons huise ingehou het.

Ons het die Wynberg-brandweer ontbied, wat binne minute op ons oproep gereageer het.

Hulle het met alle ywer aan die werk gespring om die brand te blus. Hulle het doodseker gemaak ál die smeulende kole is heeltemal geblus.

Hulle flink en professionele aksie het verseker die brand word in bedwang gebring en geblus.

Sodoende het hulle ons huise van ’n moontlike vlammehel gered.

’n Baie spesiale dankie aan officer Rodkin en sy span van die Wynberg-brandweerdiens vir ’n skitterende job wat die veiligheid van ons huise verseker het. Ons waardeer julle moeite met groot dankbaarheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters