6 dae gelede
BRIEWE: Reën in Karoo hou belofte in
VLOEI: Die Theekloofpas by Fraserburg het water.  ~ Marthinus Kruger / Facebook

Oudok van Fraserburg skryf:

Die reën in die Karoo is balsem op die wonde.

Die droogte het nie net die plaasboere tot dusver platgeslaan nie, dit het ook ál die dorpe in dié uitgestrekte streek van die drie Kaapse provinsies uitgemergel.

Met minder werk en minder geld in die omtes om te spandeer, trek ál die besighede swaar en die mense ly honger.

Die lang droogte het ’n domino-effek veroorsaak wat die hele streek laat kwyn het.

Hierdie reëns wat vandeesweek uitgesak het, hou belofte in.

Ons weet dit gaan nog jare vat vir die natuur en die plaaslike ekonomieë om te herstel.

Ons is almal dankbaar vir die reën en vertrou daar sal nóg wees in die maande en jare wat kom.

Die veld sal nie eensklaps herstel sodat die diere weer daar kan wei nie. Dit sal ’n paar jaar vat om reg te kom.

Ons sien uit na die vet jare wat nou ná die maer jare kan volg. Mag die seëning wat die reëns tans bring, al ons gemeenskappe ophef.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters