15 dae gelede
BRIEWE: Maak pyplek behoorlik reg
HENGELPLEK: Die leser is ongelukkig oor ’n lekkende rioolpyp by Strandfontein.  ~ Foto Verskaf

Keith Blake van Ottery skryf:

Ek is waarlik al gatvol vir die Stad Kaapstad.

Ek het nou al verskeie kere skriftelik gekla en foto’s in emails gestuur van hierdie rioolpyp wat lek.

Na my mening is dit nou net weer opgepatch.

Die bollie is nou weer op die punt om by Broken Road, Strandfontein, in die seewater te loop.

Dit is die plek waar ek en baie ander vissermanne vir die pan vir ons families gaan hengel.

Aan die raadslid en elke liewe amptenaar van die Stad Kaapstad wat hierdie kiem-oorlog moet aanpak – hou op om dit op te patch!

Maak dit behoorlik reg, want ek is nou al só moeg, só absoluut moeg daarvan om hierdie dinge aan die ander vissermanne te verduidelik. Dié vissermanne vertrou op my om hulle groot kommer oor hierdie swak dienslewering verder te neem.

Ek wil die media uitdaag om saam met my te kom en dit self te sien.

Aan die Stad Kaapstad wil ek net sê: Doen jou plig op ’n professionele manier met gehalte in gedagte.

Son op Sondag nooi jou, die leser, om oor enige kwessie jou mening te lug. Organisasies is ook welkom om ’n bydrae te lewer. Skryf by nuus@kaapseson.com aan Son op Sondag: Maak Jou Stem Dik. Son op Sondag behou hom die reg voor om skrywes te redigeer en nie dié te plaas wat lasterlik is of enige vorm van diskriminasie bevat nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters