Verlede maand
Bloues doen goeie werk
IN GELID: Lede van die Helenvale-polisie march.  ~ 

Mogamad Hendricks van Eersterivier skryf:

Ek wil my waardeering uitspreek aan die polisie van Belhar vir hul goeie werk.

Ons lees baie keer negatiewe goed van die polisie maar daar is ook goeies.Ek is Goeie Vrydag beroof en ek moet die polisie van Belhar bedank vir hul goeie werk.

Dankie aan die konstable wat gestop het en die een wat nie aan diens was nie. Julle het iemand in sy nood bygestaan.

Dankie ook aan sers. Willemse en sy kollega wat in minder as ‘n uur die beskuldigdes aangekeer het.

Dankie aan die bevelvoerder van Belhar-polisiestasie. 

Julle almal het bewys die polisie kan meer doen as wat van hulle verwag word. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters