2 maande gelede
Baretdraers wil als omverwerp
ROOI IS MOOI:Bobi Wine, ’n popster-politician van Uganda, is sy land se eie Julius Malema.Foto: AFP  ~ 

Doc van Plumstead skryf:

Ek wil graag reageer op die nuusflits in Son op Sondag oor “Uganda se eie Juju”.

Wat is dit met al dié baretdraers? Ouens soos Ché Guevara en Fidel Castro van Kuba het berets gedra omdat hulle revolutionaries was.

Hugo Chavez van Venezuela het dit ook gedoen. Dit wys hulle is kommuniste of sosialiste of Marxiste en daai beret hou ook die bedreiging van militêre geweld in.

In Burkina Faso het Afrika se Ché Guevara, die revolusionêre Thomas Sankara, ook ’n rooi beret gedra.

Sy bewind het in die 1980’s in ’n staatsgreep geëindig. Oulap se rooi maak mooi, maar daai rooi kleur dui ook op bloed en geweld...

Idealiste wat nie huiwer om geweld in te span nie, donner alles op die ou einde op. Dink aan Kuba, waar almal saam brandarm is.

Dink aan Venezuela, waar niemand kos het om te eet nie en hordes mense nou ter wille van oorlewing na buurlande vlug.

Chavez se opvolger, pres. Nicolás Maduro, gaan sweerlik binnekort sy gat sien.

Bobi Wine klink na ’n outjie wat die bloed van Uganda se ou president, Yoweri Museveni, geruik het.

Dis seker goed om die verouderde, verstokte orde omver te werp en vernuwing te bring. Dis wat ons eie Julius Malema probeer doen.

Maar die revolutionaries raak uiteindelik die powers that be...

Hul crazy beleide en onvolhoubare sosialistiese planne neuk alles op.

Dis wat die Sowjetunie laat val en Rooi China laat besluit het om kapitalisme terug te bring.

Good luck aan Bobi en Juju, maar as hulle soos al die ander baretdraers outoritêr gaan wees of groot diktators gaan word, is dit eintlik alles ’n mors van tyd.

Eindelik gaan daai rooi bloed vloei en ’n nuwe baretdraer gaan op die horison verskyn...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters