5 maande gelede
Army kan niks help
UITGETEER: ’n Lid van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) probeer een van die Suid-Afrikaanse weermag se verhongerde perde van die spesialis-infanterie-eenheid vertroos.Foto: DBV  ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf:

Ons almal probeer so hard om die Suid-Afrikaanse weermag op die Cape Flats te kry sodat hy kan help in die stryd teen gangs.

Maar nou moet ons lees die weermag kan nie eens meer na sy eie perde omsien nie!

So het Son op Sondag op 13 Mei berig. Luidens die berig moes 25 perde van die weermag se spe­sialis-infanterie-eenheid (SAASIC) in Potchefstroom weens verwaar­losing uitgesit word.

Die arme diere moes darem vreeslik gely het.

So, dit lyk nie juis vir my asof die weermag die oplossing vir ons pro­bleme met bendes in die Kaap en elders sal bied nie.

Dis waarskynlik maar net ’n saak van gebed. Die Bybel sê mos: “Bou nie jou hoop op mense nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters