14 dae gelede
Apteek se stelsel ’n pyn
Klagte: Die leser kla oor dié daghospitaal se apteek. Foto: GOOGLE MAPS  ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf:

Ek is ’n pasiënt van die dag­hospitaal in Kewtown, daarom voel ek ek moet hulle inlig hulle system by die apteek werk nie.

Al besef die meeste van ons ons gaan lank wag wanneer ons hospitaal toe gaan, voel ek nog die apteek is die hold-up.

Hoekom moet jy eers ’n nommer kry, dan wag totdat iemand jou folder gaan haal en dan nog vir medikasie wag?

Hoekom dan nie in die eerste plek net jou folder ingee en dan wag vir jou medikasie nie?

En die apteek bly short-staffed. Hoekom kry hulle nie meer mense om daar uit te help nie?

So baie bekwame mense is werkloos. Waarom gee hulle nie vir hulle werk nie?

En dis nie net die apteek nie. Baie plekke is understaffed, en soveel mense het nie ’n job nie. Hoe werk dit?

Miljarde verdwyn daagliks sonder taal of tyding. Dit kon gebruik geword het om mense te employ.

Eisj! Welkom in die (nie meer so nuwe nie) Suid-Afrika.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters