2 maande gelede
Kiesers weet wie politieke jintoes is
 ~ 

AS ’N voorbeeldige Slamse berkie het ek ’n denkbeeldige Wild Turkey bourbon – triple­ – voor my.

Dis seker die k*k verveligste elections in ’n lang tyd, dink ek.

Ek is hartseer, moontlik denkbeeldige dronkverdriet. Die OVK het partye nog ’n week kans gegee voordat hy wetgewing in werking stel wat partye sal forseer om te sê wie hulle pipers is.

Die Amerikaanse konserwatiewe rubriekskrywer Charley Reese meen: “Experience to a politician is like experience to a prostitute – not much to recommend them.”

Dit is vanselfsprekend wie van die twee ek sal kies as ek móét.

Kiesers is egter nie in die duister omtrent wie koop wie om nie. Almal weet dat die ANC tot onlangs – voor die openbaringe by die Zondo-kommissie – vir Bosasa, among others, gejintoe het.

Die fascis wat voorgee hy’s revolusionêr, jintoe na alle waarskynlikheid vir ’n entjie-smokkelaar.

Die vraag is, vir wie jintoe die DA? Ek bespiegel dit is moontlik eiendomsontwikkelaars, recruit­ment­ agencies en moontlik die Israelse premier, Benjamin “Bibi­” Netanyahu.

Bibi kan moontlik ook die ACDP se pimp wees. Mmusi “Chihuahua” Maimane en Kenny Meshoe van die ACDP kan nie gou genoeg Israel toe gaan om Bibi se agterstewe te lek nie.

Ek bespiegel die VF+ gebruik ou geld uit ’n tydperk toe wittes sonder enige beperkinge of gevolge, blik of bloos, kon deelneem aan staat-stropery. Goeie ou dae!

Politieke prostitusie is sinoniem met antie Pat. Dan is daar die jintoes-in-waiting, soos die Kaapse Party.

Hulle Switserse model van demokrasie is na my mening niks anders as wat Voltaire beskryf as “the comfort of the rich depends on an abundant supply of the poor”.

Politieke prostitusie kan opgemerk word in die tipe posters wat politieke partye gebruik om jou as kieser te oortuig om jou kruisie op ’n stukkie papier te trek wat hulle later gaan gebruik om hulle agterstewe mee af te vee.

Die beste poster wat ek tot dusver gesien het, is waarskynlik die een met Kenny Meshoe en ene Ferlon Christians se gesigte op.

Die kleur is strikingly sag, die messaging eenvoudig, horisontaal en maklik om te lees, naamlik “Unite. Build. Grow. ACDP”.

Die ANC se poster is ook nie sleg nie. Die R15 miljoen-buffalo- man glimlag hemelsbreed en die messaging op die ANC poster is ook eenvoudig – “Let’s Grow South Africa Together”.

Wanneer dit by die DA poster kom, is ál wat ek kan vra: “Ryan, where art thou?”

Musi “Chihuahua” is op een besig om “dua” te maak. Hy vra vir twee dinge, naamlik “bring verandering” en “Een Suid-Afrika vir Almal”.

Volgens die Good Party se poster stel antie Pat net in een ding belang – om premier te word. Ek neem aan dit is in die Wes-Kaap.

My tienerdogter is adamant sy stem nié vir iemand bekend as antie Pat nie. My dogter is nog erg vasgevang in die greep van die siekte arseholitis.

My gunsteling poster is van die party All Things Are Possible, ATAP. Jy sal tot dié slotsom kom as jy die ATAP se enigste election poster bestudeer: Dat die party nog ’n ver pad sal moet loop in die praktyk van jintoery.

Die party se boodskap is “Imple­menting­ Death Penalty – Vote ATAP. All things are possible­” (dis hoe dit op die poster geskryf is).

Die kwaaiste is dat dit geskryf is met ’n blou koki-pen. Die poster is limited – een van daai wat ek gaan afsteel sodra die verkiesing verby is.

Dit kom dan op my pile visitekaartjies van jintoes, of dan, election posters.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters