2 maande gelede
Zoë kan Danni toe nie van heartbreak red nie
Vashti en Marco Spaumer, wat haar kêrel in Suidoos
Tim en Danni  ~ 

IS DIT neusie verby vir Danni en Tim?

By dié tyd is my mond en julle ore al seer gepraat van Izette. Die vrou is seker al so vies vir my wat haar so beskinder! My gits, as sy my iewers moet raakloop, sal sy al wat ’n hond is in Suid-Afrika loslaat om my te byt. Ek is vir haar net so vies! Moenie eens van daai dikvellige, geldgierige ou van haar praat nie! Goddelose mense is my ever-end!

Ek kan nie glo dat Tim so live en in charge met die leeu se ballas speel nie. Chris het die klong ordentlik grootgemaak. Ek weet nie waar hy aan die neerslaan-maniere kom nie! Jong, soos ’n waaghalsige kat smyt hy daai skelm vroumens op haar lessenaar neer asof sy in sy hande vlam vat en verder vry hulle asof dit verpligtend is dat sy môre of oormôre swanger moet wees! Ek het nog nooit so iets aanskou nie.

Ek kan my nie indink hoe Danni moet voel wat gesien het hoe haar bf die blondekop-meisiekind probeer verrinneweer nie. Ek is ten gronde! Ai, Danni, Zoë het probeer kastaiings uit jou vuur krap, nou sit jy met die vars gebakte pere. Soms moet ’n mens na jou vriende luister. Ek weier beslis om dit te doen, maar soms moet jy. Veral jy wat sulke ernstige bloutjies loop met daai deurskynende outjie van jou.

As Justin enige mooi meisie in Ruiterbosch sien, word hy van voor af simpel. Die arme Chelsea-Kate het nog nie eens haar suitcase uitgepak nie en Justin is lus vir ’n date. Dit lyk asof Siya ook sy CV by die meisie wil ingooi. Die wat hy so suur druiwe kou! Nee wat, ou dok, die apteek-dame smaak Tamatiestraat-numbers in haar cabby druk! Chise maar vir Kaashifa, madam hou té veel van kos. Jy sal moet kyk of haar suikervlakke oukei is!

Alle grappe op ’n stokkie, wat is die vrou se storie? Ek ruik al weer ’n reuse-rot! Niggie kan nie eens sien sonder daai bril nie, maar sy wil ogies maak vir Fiekie! Wat kom soek die vrou hier? Ek hou haar fyn dop. Sy maak my op hoër graad ongemaklik en dis die gevoel waarvan ek die minste hou!

Nadat Stefan so vinnig uit die “rowwe” tronk Kimberley toe gepos is, lyk dit asof Michelle nou weer snags ’n oog kan toemaak. Bianca het uiteindelik haar droomwerk gekry: bestuurder van Oos Wes.

Stella sit steeds sonder ’n gekookte aartappel of radys. Sy traak eerder wie Mymoena vir aandete nooi. Eet jou kind ooit? Niemand het lus dat jy met die kous op die kop tuiskom nie!

Ek lê en dink snags so aan past. Ronnie. Eet die oom darem gereeld? Ken hy darem nog die ritme van die “Onse Vader”? Die hele besigheid gee my ’n tipe angs en vir ’n kerkmens is ek hopeloos te knaend lus vir dronk wees van bier!

  • Ek is verskriklik opgemaak deur julle wat my laas week so lekker support het. Leef reg en like my Facebook-blad en kom skinder weer alte fraai saam!
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters