19 dae gelede
Vyf dinge wat jy moet weet van Boer Soek 'n Vrou
boer soek 'n vrou
Boer Soek 'n Vrou

Die 12de seisoen van Boer Soek ‘n Vrou begin later hierdie jaar op kykNET (kanaal 144). Maar daar is geen rede om te wag nie.

Jy kan al die jongste seisoene op Showmax kyk.

Hier is vyf dinge wat jy nie geweet het van die suksesvolle show:

1. Eensame boere is oral

Dis nie net Suid-Afrikaanse boere, ver weg van die stad, wie se dating opsies beperk is nie. Dis ook nie net hulle wie eensaam is en smag na liefde nie.

Die oorspronklike formaat van die program dateer terug na die 1980’s en die program, Bauer sucht Bäuerin, in Switserland. Sedertdien is daar 29 weergawes regoor die wêreld. Van Brittanje en Amerika, tot Australië, Nederland, Frankryk en natuurlik Suid-Afrika.

Kyk seisoene 7 tot 11 op Showmax

2. Boer soek ‘n man

Deel van die nuwe reeks in Oktober op kykNET is Damian, ‘n skaap en beesboer van Bapsfontein, opsoek na ‘n man. Dis as hy genoeg briewe kry en gekies word as een van die top boere om deel te wees van die reeks.

Indien hy suksesvol is sal Damian die eerste gay boer deel van die plaaslike reeks wees. In 2015 was daar ‘n gay boer in die Franse-weergawe.

Ontmoet vir Damian 

3. Leah is binnekort terug

Die aktrise, sangeres en liedjieskrywer Leah, wie in Durbanville woon, is terug as aanbieder van Boer Soek 'n Vrou reeks. Sy is die vierde aanbieder, sedert die reeks begin het.

Terwyl sy boere gehelp het om liefde te vind, het Leah, ‘n sogenaamde “stadsmeisie” verlief geraak op die landelike Suid-Afrika. Sy het dit met haar man bespreek en sê: “Dalk eendag, selfs al boer ons nie, sal ons in ‘n kleinhuisie op ‘n plaas wil woon. 

leah,boer soek 'n vrou
Boer Soek 'n Vrou se Leah

4. Bereid om opofferinge te maak

Die program draai om mense wie briewe skryf aan boere en die boere die moontlikhede van ‘n liefde. Dit is ook nie net die moontlike metgeselle wie moet aanpas en inpas in die lewe van die mans en hul bestaande boerstylleefstyl nie. Indien jy mooi die reeks volg, sal jy oplet die boere is ook bereid om groot opofferings te maak, en met die liefde van hul lewe te wees.

“Die boere is ook baie open-minded,” aldus Leah.“Aanvanklik ding mens die deelnemers moet eenvoudig inpas by die plaas set-up, maar die boere is bereid om ‘n hele paar opofferings te maak. 

5. ‘n Wipplank ervaring

Die reeks is ‘n regte rollercoaster van emosies, met talle onverwagte twists en onvoorspelbare surprises. Leah beskryf dit as ‘n “wipplank ervaring”.

Sy sê: “Jy sien hoe elke deelnemer groei en mure afbreek. Dan hoop jy net vir die beste vir elke boet.”Vir die vorige seisoen het Leah deur die land gereis. Sy het meer as 25,000 km van alle soorte paaie gereis en was vir meer as 10 weke weg van die huis, om boere te help om liefde te vind.

Die 12de seisoen van Boer Soek ‘n Vrou word in Oktober 2019 op kykNET (144) uitgesaai word. 

  

Kyk die jongste seisoene op Showmax

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters