29 dae gelede
Vurige ‘Mej. Oppit’ kom mos nie met die lag nie
versaf
Greta Petersen vertolk die rol van Michelle Gerber in Suidooster  ~ foto verskaf

DIE mense dink hulle kan Gloria omkoop met ’n R300 en ’n werkie so onopwindend soos ’n haar se haarstyl, maar hulle maak hulle laat. Niggie kom nie met die lag nie!

Waar Gloria skielik aan die selfvertroue kom om almal in te sê, gaan my verstand heeltemal te bowe. Vroeër in die jaar kon sy nie “pê” sê nie, nou vertel sy Stefan, Michelle en Carmen só stink, dit laat die vullistrok na Shower to Shower ruik! Die vrou smaak galbitter oor haar dooie man, maar ek sou ook. Hulle dink hulle kan met hulle ghrênd karre by haar plakker omtrek en dan is alles hunky-dory? Se voet! Stefan sal moet boet vir sy dade. Pappa het my gisteraand gewhats­app om te sê hy wag vir hom!

Michelle se liefdeslewe is so deurmekaar soos ’n tienerseun se slaapkamer! Die arme vrou kan net nie wen nie. Die hele 2018 gaan sy hak en tak deur verhoudings en 2019 lyk net niks beter nie! Toe verhoudings of huwelike die dag uitgedeel is, toe staan ek en sy heel agter in die ry. So, meisie, hoe vinniger ons dit gaan aanvaar, hoe beter!

Pleks van die vroumens omkoop met spaarbussiegeld, hoekom koop die spanne nie vir haar ander maternity wear nie?

Gloria swerf die hele plek vol met hierdie los bont rokke wat Namakwaland se lenteblomme soos ’n woestyn laat lyk! As jy mense wil help, dan help jy hulle ordentlik! As ek weer volgende week ’n blommetjiesrok van haar skouers af sien hang, lê ek plat op my rug soos Ian!

So van Ian gepraat, genade, die man wat eers gepraat het soos ’n skeermes, kan dan nou nie ’n woord uiter nie! Dis ’n “mmmm” hier en ’n “aaaaah” daar!

Kyk hoe draai die wiel en dit alles oor hy met ander mense se lewe wil darts speel! Dit het ’n leërskare, twee ingrypings en ’n vieslike dreigement gekos om hierdie man tot stilstand te bring. As jy reg met jou medemens leef, sal jy kan loop en praat tot in lengte van dae, maar nie Ian nie. Dis neusie verby – hy smaak sy skoene uittrek!

Bridgette kook net niks sag nie – sy is kant en klaar! Sy het hopeloos te lank die glibberigheid van die man van haar gehanteer en vandag is dit “dit op sy ditte”!

Zoe kan amper vir Bridgette lewend begrawe soos hulle haar oom na ’n inrigting courier, maar die koeël is deur die kerk, Nana!

Huur

Dis nou net souterige trane en vuil kyke! Jy, Mej. Oppit, kan lekker vir Wade vra om vir jou op ’n kalme ritjie te vat, met sy learners!

Op ’n kol het ek gedink Justin sal sy model-kop saans op die ashoop moet gaan neerlê, maar toe die dominee “amen” sê, gee Bianca (een dwelmverslaafde tot ’n ander) vir Justin weer sy werk terug! Neef Gert kan nou weer sy huur betaal en hier en daar ’n halwe brood koop! Ek is ontsettend verlig!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters