Verlede maand
Tim wou mos, so hy moet lekker alleen lê
Vashti en Marco Spaumer, wat haar kêrel in Suidoos
 ~ 

JY KAN links cheat, jy kan regs cheat, maar op my cheat jy nie! Dís wat oor en oor in Danni se kop afspeel!

Tim het die velde aan die brand gesteek. Ek verstaan nie so mooi hoekom hy dan nou so vreeslik treur nie.

Hy maak nou asof iemand hom gepootjie het en toe val hy binne-in Izette se skirt! Nee, jy was lus vir sonde pleeg terwyl jou kerksuster alleen sit en popcorn kou terwyl daar load shedding is!

Jy’t nou wragtig jou Lindt chocolates verruil vir groen smoothies. So dapper soos jy met daai Izette- meisiekind wou aanteel, so dapper moet jy maar nou alleen in jou bedjie lê.

As ek Danni was, leen ek by Michelle vir my taxi fare en gooi ’n lange Paarl toe.

Izette is ’n deurtrapte skelm en ek is bly Zoë sien waar dit brand.

Ek het altyd gedink Lee-Ann is opgelei deur daai mense wat die honde oplei om die dagga uit te ruik. Kaantie die ding ruk by Zoë, julle! Dié dame is die hele snuffelgids!

Bridgette sit en drink weer alleen rooiwyn. Toe Yolandi in die prentjie was, het sy ’n drieliter-kraantjie per dag kafgedraf. Wat sê dit?

Ian is lus om die ou girl in ’n inrigting te stuur deur homself alewig so te omring met blondekop-boewe!

Die Vader het nie hiervoor lus nie, maar hoekom sou Ian daaroor omgee? As ek aunty B was, het ek hom lankal gevra: “Ken jy vir lip? Nou lip k*k!”

Dit lyk vir my dié Kaashifa smaak vir Moena.’n Mens kan nog nooit so dik hou nie, man.

Dis muffins hier en kerrie daar!

Waar kry die vrou die klomp geld om heeldag so krom soos ’n hoepel in die mall rond te loop?

Verder sit en eet Moena ’n sak sout met die vrou op. Niggie het ’n helse agenda. Gee julle maar vir haar so daltjies en breyani, sy lyk soos iemand wat lang strepe kan trek! AB, pasop, sy gaan jou vrou chise!

En in die klein mall loop Chelsea-Kate vir Siya darem baie toevallig raak.

Is Justin daai tyd so besig om bacon en eiers aan te dra dat hy nie kan sien die twee gesels nie? Hier lê weer iewers 62 slange in die gras!

Ek ken nie eens hierdie meisie nie, maar ek het ’n vermoede so sterk soos Goliat dat ek met my winter boots op haar tone gaan trap!

Noudat Shirley (wat g’n mens ooit sien nie) op siekverlof is en Danni half bedank het, was die hekke en deure mos wawyd oop vir die twee skepsels van Skelmfontein om in te tree en vir hulle genoeg sente te steel.

Maar my! Hoe doen jy dit? Hoekom word sulke mense geskape?

Ek slaan my oë op na die berge!

Like my Facebook blad “Marvin Borcherds Waai Met Suidooster”, nè? Julle is te oulik! Skinder weer ander week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters