5 maande gelede
Rickus sê sy ma om regte ding te doen
nuwe girL: Izette (Shana Mans) se kollegas som haar op in Suidooster. Foto: pikstagram.com  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Gabriel speel ’n gevaarlike speletjie. Lincoln gaan voort met sy plan om Obakeng te mentor. Gabriel is geskok oor Majola se versoek.

Lalage verwag die onmoontlike van Anja. Makgorometsa neem ’n groot risiko. Cebisa is woedend toe Obakeng haar die sjebeen laat bestuur.

Lalage se metal issues veroorsaak dat sy haar mind change oor haar plan om haar troubelofte te laat hernu. Hendrik se rug is teen die muur en hy vra iemand onverwags om hulp. Lincoln huur ’n speurder om vir Gabriel dop te hou.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Zitha se obsessiewe gedrag raak intenser. Cosmo het empatie met Mrekza en kom met ’n plan vorendag.

Niemand in die hokkie kom agter dat iemand na hulle deur die venster staar nie. Wandi konfronteer haar suster en is platgeslaan oor wat volg.

Gadaffi lap onwetend inligting aan Ezweni se “vyand” uit. Gog’lo is seergemaak oor haar familie se gebrek aan ondersteuning. Zondiwe soek wraak vir die geld wat sy verloor het. Sphe besef haar nagmerrie is nog lank nie oor nie.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Bonita en Aggie speel Cupid. Alexa en Hilda is stomgeslaan deur Mariaan se vreemde gedrag. Rickus oorreed Mariaan om die regte ding te doen. Vince het ’n romantiese verrassing vir Aggie.

Jacob en Charmaine bespreek die Valentynsdag-kompetisie. Rickus bevind hom aan die verkeerde kant van die gereg. Vince oorreed Justin om die regte ding te doen.

Die Hillsiders vier Valentynsdag. Justin wil Alexa se mediese opinie hê. Aggie vertel vir Bonita hoekom sy die Valentynsdag-projek gedoen het.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Mymoena en Carmen vat mekaar aan in die kookkompetisie, maar daar kan net een wenner wees. Zoë verloor ’n groot kontrak vir Suidooster Eiendomme, maar dan maak iemand vir Ian ’n aanbod.

Stefan is vasbeslote om Louis op te spoor, ten spyte van al die waarskuwings. Mymoena se stoof bly die hele dag koud. Stefan se gewete ry hom, terwyl Izette se nuwe kollegas uiteenlopend op haar aanstelling reageer.

Tim en Danielle beleef liefdesprobleme. Stefan voel skuldig oor Louis en doen desperate stappe.

Zoë voel bedreig deur Izette, en Mymoena bevind haar weer in ’n ongemaklike situasie. Tim besef hoe gelukkig hy is om vir Danni te hê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters