2 maande gelede
Nuwe Afrikaanse shows om te stream

Kyk aanlyn nou Die Byl, Elders: Japan, skreeusnaakse komedie en ‘n splinternuwe Mandela-dokumentêr, alles op Showmax en DStv Now! 

die byl
Die Byl

Die Byl S2 


Speurder Piet van der Bijl beter bekend as Byl (gespeel deur Waldemar Schultz) en sy span ontleed grusame misdaadtonele in die tweede seisoen, in hul hunt na geweldadige reeksmoordenaars.

Ook terug vir die seisoen is die forensiese sielkundige, kaptein Lena Evans. Sy is nou getroud en die ma van ‘n drie-jarige seuntjie, dis nou na die vyf jaar gap tussen die twee seisoene.

“Die tweede seisoen is beslis wreder en donkerder as die eerste wees,” vertel Lika. “Byl word uitgedaag wanneer hy ooreenkomste agterkom in die moorde wat sy span ondersoek.”

Soos die seisoen verloop raak dinge ook nie makliker om op te los nie. Byl se verhouding met Nicky (Milan Murray) is op die rotse en sy eks-vrou Carien (Rolanda Marais) keer terug in die seisoen.

Die eerste seisoen van die grypende speurdrama het ongelooflike reviews gekry en die tweede seisoen is beskikbaar slegs op Showmax. Kyk Nou.

Getroud Met Rugby 

getroud met rugby
Getroud Met Rugby


Aanhangers van die sportsepie, nou in sy vierde seisoen, kan uitsien na nog meer drama in die lewe van die Stryders en hul familie en vriende.

Terwyl sy Schalk help ware liefde vind gaan gaan Renate se ‘Afrigter-soek-‘n-vrou”-projek viral in Augustus. Reitz maak ‘n finale besluit oor sy toekoms by die Stryders en Ryno en Thinus wag op ‘n teken vir hul troudatum. 


Kyk seisoen 1 en 2 op Showmax en die jongste episodes op DStv Now.

Elders: Japan 

elders,japan
Elders: Japan


Elders: Japan is die tweede Elders-reeks ná verlede jaar se Camino-avontuur in Spanje. Hierdie keer reis Erns Grundling na Japan, om die Land van die Opkomende Son te verken.

Japan is een van die wêreld se mees unieke bestemmings en gaan binnekort selfs nog meer gewild raak as gasheer van die rugbywêreldbeker in September en die 2020 Olimpiese Spele.

Op sy reis ontmoet Erns ‘n paar bekende rugby-persoonlikhede en verken van Japan se skilderagtige uitsigte. Hy loop ook twee pelgrimstoetes, klim die Fuji-berg in die sneeu en leer meer die Japan se unieke kultuur, kos en omgewing. Hy probeer selfs ‘n sumurai warrior, ninja en sumo-stoeier wees.

Die prettige reeks sal maak dat jy Japan op jou reislysie sit. Kyk Elders: Japan op DStv Now of Showmax express vanaf kykNET!

Alles Malan 

alles malan
Alles Malan


Hierdie splinternuwe gesinsdrama op kykNET speel af in die Paarl. Derik en Brenda Malan se eersgebore seun Frik het pas uit Brittanje, waar hy ag jaar gewoon het, teruggekeer na Suid-Afrika en na die familie se vervoer-besigheid.

Saam met hom is sy vrou, Tessa, en hul twee tieners – elkeen wie met hul eie kwessies worstel, midde hierdie groot lewensverandering.


Kyk dit nou op DStv Now!

Lui Maar Op Belinda 


Die geliefde Brumilda van Rensburg is te sien in die nuwe kykNET-reeks, wat lighartig kyk na die uitdagings van oud word.

Ian Jantjies het na George verhuis, om die besige stadslewe vir die rustige kusdorp te verruil. Rus en vrede is nie iets wat hy kry nie, nie met sy span feisty werkers wie hy aanstel in die hoekwinkel, Ian en Ander.

Belinda Swanepoel was eens ‘n bekende aktrise en is meer voor die spieël as wat sy werk. Annetjie is weer die skinnerbek en die sjarmante Frans probeer die vrede bewaar tussen die dames. Voeg die jong Dirk by en jy het ‘n resep vir ‘n lekker komedie, wat wys die lewe is vol tweede kanse en jy is nooit te oud om pret te hê nie.

Lui Maar Op, Belinda express van kykNET op DStv Now en Showmax

Madiba: ‘n Uitsonderlike Roeping 

madiba,mandela,zelda la grange
Madiba: Uitsonderlike Roeping


Zelda la Grange, oud-pres. Nelson Mandela se persoonlike assistent van byna 20 jaar, deel stories in ‘n nuwe ses-deel dokumentêre reeks Mandela: Uitsonderlike Roeping.

Sy gaan op ‘n soektog na die oomblikke wat Madiba die ongelooflike mens gemaak het. Van ‘n landelike gemeenskap tot een van die grootste leiers van ons tyd.

Die boeiende reeks sluit ook eksklusiewe onderhoud in met Graca Machel, hoofman Zwelivelile Mandela, Bono en Morgan Freeman.
Hierdie dokumentêr kan op Showmax gekyk word, dieselfde tyd wat dit op kykNET uitgesaai word.

Hoe om DStv op jou laptop of foon te kyk
DStv-intekenare kan nou gratis inteken vir DStv Now. Gaan na now.dstv.com om te registreer en begin kyk.

Hoe om Showmax te kry
Teken in vir ‘n gratis 14-dae toetstydperk by Showmax.com. Daarna kan hy toegang hê tot talle plaaslike en internasionale reekse, movies en dokumentêre teen slegs R99 per maand.

DStv premium-intekenare kry Showmax gratis. Gaan slegs na die website en teken in. DStv Compact en Compact Plus-intekenare kan Showmax byvoeg vir slegs R49 per maand

  • Hierdie is 'n advertorial deur Showmax.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters