4 dae gelede
Noot vir Noot terug met 'n nuwe baadjie
emo adams,johann stemmet
Oud en nuut: Johann Stemmet, die voormalige, saam met Emo Adams, die nuwe aanbieder van Noot vir Noot.  ~ Verskaf

EEN van die se favourite game shows, Noot vir Noot, is Donderdagaand terug vir sy 44ste seisoen.

Die nuwe seisoen trek ook ‘n nuwe baadjie aan met ‘n nuwe aanbieder, die bekroonde grapgat, Emo Adams.

Jy kan nou Donderdae 19:00 voor die kassie inskuif vir sjarme en sinvolle humor wanneer hy kykers ‘n vars en moderne kykie na die legendariese speletjiesprogram bring.

Die musiekfabriek wat ons saam met Johann Stemmet leer ken het word vervang met ‘n nuwe formaat in die vorm van DJ Shelly oftewel Rochelle de Bruyn.

Shelly sal clues verskaf op beide haar DJ decks en haar keyboard; en haar liefde vir musiek, bubbly personality en engagement met die deelnemers sal ‘n nuwe dinamika skep vir die show.

Getroue kykers hoef nie te worry want gunsteling speletjies soos ‘Stop Die Klok’, ‘Noot Assosiasie’ en ‘Laslappie’ sal nogsteeds deel van die show wees.

Saam met die 44ste seisoen kom ook ‘n heel nuwe visuele voorkoms; en by te hou met tyd nuwe tegnolie soos video bars, DJ booth en LED screens wat sal sorg vir ‘n energieke party vibe.

‘n Massiew screen is ook op die set wat die games opgespeel sal word; met die games wat in 3D op die skerms vertoon word, wat kykers deel van die gehoor sal laat voel.

Nog ‘n gunsteling wat terug is, is die gaskunstenars. Jy kan uitsien na van die land se beste soos Jo Black, Snotkop, Kurt Darren, Monique Steyn, Liezel Pieters en Corlea Botha.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters