14 dae gelede
Niggie beur haar nes ’n benoude kat uit ’n ding
nuwe rigting: Wayde (Dean Smith) gesels oor sy pyn.Foto: netwerk24  ~ 

WAT gaan nou met Stefan aan? Laas toe ek gecheck het, wou hy niks met daai skildery te doen gehad het nie.

Noudat hy weet hoeveel die ding werd is, sien hy net rande en is hy die kwaadste in die Wes-Kaap!

Hier laat hy Tim soos ’n geldgierige agie lyk. Kaantie is dit hy wat so agter die pitte aan is. Hy is ongenaakbaar onregverdig. Hy het mos sy musiekplate – waar brand dit? Hy kan gerus by Cash Cru­saders uitvind hoeveel hy daarvoor kan kry. Oom Willie draai in sy graf om soos die twee klôgoed aanmekaar kan wees!

As dit nie vir Danni was wat hulle so lekker op hulle plek gesit het nie, het Stefan seker vir arme Timmy na Judge­ Judy toe gesleep. Die Here moet my tog lewend hou om dít te sien.

Tim sê Danni pik soos ’n hoender in oom Willie se goed rond en Danni noem hom ’n aasvoël. Genade, die Du Plooy-huis is nou ’n voëlpark!

Al wat ’n kind is van Moena en AB is dan skielik werkloos. Julle, hoe is dit dan met die Samsoediens se lot?

As ek Rhafiek was, vang ek solank­ vir my ’n cas­ualtjie by my pa se apteek – al is dit net vir ’n petrolsentjie of so.

Arme Carmen moet ook alewig aan die agterspeentjie suig.

Carmen, dit lyk of jy nog ’n geruime tydjie die vleispotte aan die kook sal moet hou.

Ons hoop maar jou perd se eie besigheid werk lekker uit, want nie ’n enkele maatskappy wil nou mense aanstel nie – die mense hou al breaking-up do’s!

Mrs. J is seker nou nog aangebrand oor hoe Wade met haar gepraat het. Sy kon hom ’n lekker taai klap gegee en mooi laat verstaan waar Dawid die wortels gegrawe het. Hy’s rouer as ’n stuk vleis in Boeta Gamat se slaghuis. Sies, man!

Daar vaar die polisie die groen huis in, maar kry so min reg. Die mense het verdomp ’n bom! Waar is julle snuffelhonde en goed wat dié goed so uitruik? Nee, man, julle doen nie julle werk nie!

Het julle al gesien hoe beur ’n kat homself uit jou hande uit wanneer hy sien hy beweeg nou waters se kant toe? Nou, só beur niggie haar uit situasies uit. Bring die snuffelhonde!

Dit het wraggies ’n bom gekos voordat Wade besef het die vrou is van die duiwel besete!

Al wat ’n mens is in Suider-Afrika het hom gesê die vrou is nie ’n plan nie, maar hoor is mos min. Suidooster Eiendomme moes nou eers in stukkies ontplof voordat hy sy oë wou oopmaak.

Ai, ek is tog net so bly die arme kind se siel het darem nou tot redde gekom en dat hy finaal kon sien die vroumens is van lotjie getik. My senuwees is die opste!

Die werk om niggie uit te roei, begin nou eers. So, ons kan nog nie fees vier nie. Nee, ons moet eers kliphard sit en bid. Julle, die poppe gaan ballroom-dans, en ek is hier vir dit!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters