13 dae gelede
’n Huiswinkel sal dalk vir Carmen en Rhafiek werk
desire gardner, carmen, suidooster
Carmen word vertolk deur Desire Gardner.  ~ Suidooster

DIE kerkkamp wat hierdie week plaasgevind het, het my goed gedoen, want ek kon toe uiteindelik al my broers en susters vra om die spanne van Ruiterbosch op te dra!

Ek’s tog te bly ek het nie hierdie week te veel in die strate van die goddelose geloop nie. My fisieke gesondheid kort dit. Hoe is dit dan moontlik dat 19 mense ’n mens se siel so kan vertrap?

As dit nie Tim is wat op iemand gal afgaan nie, dan is dit ’n luidrugtige Stefan wat planne beraam wat homself en al wat ’n mens rondom hom is in ’n inrigting kan stuur. Die wêreld is aan die gang hier buite, maar ek staan terug en beloer die besigheid “from a distance”.

Wade se kar-kryery is seker die grootste nuus wat hierdie dorpie in ’n lang tyd getref het.

Dis op al wat ’n koerant is se voorblad. En dít terwyl daar geen aandag gegee word aan ons damme wat vol is of kinders wat honger ly nie, want nee, hy het ’n kar gekry.

Bridgette meng haar met die semels, al weet sy daar is net een tipe iets wat dit vreet.

Ek wil al my man se vreeslike besigheid in ’n klein gat gooi. En dít alles oor ek ’n groot man smaak wat rondloop met ’n 501 Levi!

Mrs J is al so mak gemaak deur haar dogters, haar arme ou stemmetjie val al van vieruur af elke oggend op dowe ore.

Ek skaam my dood as my enigste doel op aarde is om net melkterte te bak en berge borde kos aan hanskinders aan te bied.

Wanneer hoor ’n mens hoe die koor sing of dat sy oor pastoor Ronald praat? Dit smaak my sy het die man heeltemal vergeet. Dit lyk vir my al hoe meer dat dit ’n ding van Jacobs-vroue is om hulle man in ’n verpleeghuis te plaas. Ty, jy beter vir jou ’n ander vrou teen Dinsdagmiddag kies. Kry jy nou griep, dan loer Lee-Ann bo-oor daai onderdeur. Pasop, boeta , die bose geeste loop op hoë hakke!

Ek glo stellig dat daar niks fout is as Rhafiek en Carmen vir hulle ’n huiswinkel oopmaak nie. Nege uit tien mense het ’n behoefte aan brood, melk, los entjies en airtime! Dink ’n bietjie daaroor en raak wys.

Niemand is lus om in die koue met die haaie te loop duik nie. Hulle sien nog minder kans dat die wind hulle neus koud sit en waai op ’n daklose bus! Veral julle moet so waaksaam wees met julle verskriklik lelike verhouding met antie Geldina. ’n Mens kort mos sente vir alles in die lewe!

Die snaakse vroutjie by die winkel wat so ’n mens se palm wil lees, het vir my gisteraand gesê dat daar ’n liefdesdriehoek in Ruiterbosch gaan plaasvind. Blykbaar binnekort. Raai nogal met wie? Wag, laat ek liewer stil bly! Ek het haar net ’n vuil kyk gegee, want toe voel ek hoe my bloed styg.

Maar wag, ek vertel vir julle volgende week wat die bompie-verkoper gesê het.

Ons skinder weer!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters