4 maande gelede
Kyk Champions League-eindstryd gratis aanlyn
Jy kan Mo Salah en Cristiano Ronaldo gratis in die eindstryd van die Champions League op DStv Now dophou.  ~ Foto Verskaf

DIE eindstryd van die Champions League tussen Real Madrid en Liverpool is gratis vir enigeen in Suid-Afrika wat 'n slimfoon, tablet of laptop met internet besit.

Al wat jy hoef te doen is om aanlyn te gaan en DStv Now te kry om dit op SuperSport Play te kyk.

Real Madrid, die verdedigende kampioene, is op ‘n wenstreep ná hulle die beker twee keer agtereenvolgens gelug het. Kan hulle die beker vir ‘n 13de keer in die klub se geskiedenis en derde  keer agtereenvolgens wen? Die druk is beslis op hulle, maar die Reds is netso honger om in die eindstryd as oorwinnaars uit die stryd te tree en ook hul sesde Europese-beker te wen.

Riglyne om die eindstryd te livestream

Dis geen probleem as jy, soos miljoene ander, nie DStv het nie. Die wedstryd is gratis as jy dit deur DStv Now op jou slimfoon, tablet op laptop kyk. Al wat jy hoef te doen is om die app af te laai of na die webwerf te gaan, te registreer en na SuperSport Play te gaan. Maak net seker jy het data.

As jy op Android is

Android-gebruikers hoef net op hierdie skakel te klik om die DStv Now-app af te laai en te registreer. Wanneer jy die app afgelaai het, gaan dan na Menu, dan Live TV en kies SuperSport Play (kanaal 238) om die wedstryd te kyk.
 
Wanneer jy jou rekenaar gebruik

Gebruik hierdie link om vir DStv Now te registreer. As jy ietwat verlore is, gaan net na Menu, dan Live TV end an SuperSport Play (kanaal 230).

Vir die wat iOS gebruik

Klik op dié skakel om die DStv Now app af te laai en te registreer. Dis al. As jy hulp nodig het, gaan na Menu, dan Live TV en kies dan SuperSport Play (kanaal 230).

Sonlanders, hier’s ‘n nota. Registreer lank voor die tyd om enige gesukkel te vermy. Sodra jy vir jou gratis DStv Now-rekening ingeteken het, sal jy toegang het om die eindstryd, wat op 26 Mei om 20:30 afskop, gratis op die SuperSport Play-kanaal te livestream.

As jy reeds DStv het

Dis nog makliker vir enigeen wat reeds DStv het en die wedstryd op die DStv Now-app wil kyk. Al wat jy dan hoef te doen is om op die app in te teken, na Menu te gaan en Live TV te kies. Kies dan Sport end an SuperSport 3. As jy nog nie vir DStv Now geregistreer het nie, maar reeds die app afgelaai het, gaan dan na https://now.dstv.com/ vir al die besonderhede.
 
Wat is DStv Now?

DStv Now is basies ‘n aanlynweergawe van DStv. Dis ‘n manier om sports en ander programme op jou slimfoon, tablet of laptop te kyk. Jy kan programme op van die beste DStv-kanale regstreeks kyk of selfs CatchUp gebruik om die nuutste episodes van jou gunsteling shows te kyk. Jy kan ook hele seisoene van jou gunsteling reekse op een slag kyk.

Jy kan die gratis DStv-app nou gratis aflaai op die Android of iOS platforms

Daar is verskillende settings wat videokwaliteit op die DStv Now-app betref. Dit sal tussen 300MB en 400MB data neem om ‘n wedstryd van 90-minute lank op die laagste kwaliteit te livestream. Die beste is om ‘n Wi-Fi hotspot te kry en die eindstryd gratis te kyk.

Kyk die Champions League-eindstryd gratis hier.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters