2 maande gelede
Kwaadkat Bridgette is vies vir ál wat mens is
 ~ 

DIE een oomblik baklei Ian land en sand.

Die volgende oomblik verdwyn hy – kastig na sy vakansiehuis toe, maar ek het ’n vermoede hy het weer muishondstink planne gaan beraam.

Donker werk is konkelwerk, julle, want vir wat moet hy dan nou in die berg loop sit en dink?

Hier kom sheila!

Dis net niks maklik om Lee-Ann Jacobs te wees nie – niggie pearl het elke keer ’n ander stryd.

As Ian haar nie wil brand met die een of ander slinkse plan nie, breek daar ’n pyp of drie in die parkie ...

Dis herwaarts en derwaarts.

Genade­, wanneer rus die vrou ’n slag?

Tyron, jou support is lekker, bewaar jou siel as jy soos daai Adam weghardloop!

En hoekom is Bridgette deesdae weer so kwaadjiekat? Die girl is mos vies vir ál wat ’n mens is!

Los vir Ian dat hy ’n slag aan sy sondes sit en kou.

Sy’s meer lus vir daai rooiwyn as enigiets anders. Wat praat jy?

Skink maar vir my ook ’n doppie of drie ...

Hallie-ha, die ding ruk weer in die Samsodien-huis!

Die Lloyd-klong jong is so taai soos ’n 50c-tameletjie. Hy lýk maar net soos ’n duur stuk caramel-koek.

Hy kom maak alles deurmekaar. Die cheek!

Maybe moes Rhafiek hom twee van die bestes gegee het.

Moena, het julle ’n hond? Laat die hond voor rond hardloop en hom ’n lekker hap of twee gee aan sy druiwetros!

Laat hy sommer lekker verstaan waar Dawid die wortels gegrawe het.

Hy kan nog nooit so onmin saai nie, liewe George!

Bianca, gaan kry asseblief hulp iewers, jy gee my ’n pyn in die bors.

Hier steek past. Ronald soos ’n puisie op ’n gr. 8-seun se voorkop uit – en dan kom hy nogal net betyds vir etenstyd.

Raai wie het seker gemaak hy kry nie die hond in die pot nie!

Hopelik bly hy dié keer langer. Of gaan hy hom weer weg preek?

Mrs. J is so opgewonde oor haar toekoms met Pastoor. Amper soos ek daai morning in gr. 10 gevoel het ... maar dit gaan nie oor my nie!

Ou Tim, daar het jy vrede gaan maak met albei jou pa en Vivienne. Verder vry sy haar dik aan Justin en julle weet niks!

Die twee knyp die kat potblou in die donker. Julle, ek laat my nie vertel nie.

Nou sit arme Justin met die gebakte pere. Gee haar ’n mondvol!

Chris, hol asseblief onmiddellik weg. Vivienne staan nou wel soos ’n paal bo water, maar moet jou nie aan daai paal ophang nie, Pappa ... hang liewer aan ’n tak!

Mense, die poppe gaan mos ballroom-dans!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters