7 dae gelede
Jy moet lekke tande nat wees om skaak met tande te speel
hunter plaatjies,aktrise,arendsvlei
Hunter Plaatjies is Saartjie in Arendsvlei.  ~ David Swart

VANDAT daar nie meer ’n Boet en Buks is nie, is kinders ook nie meer dieselfde nie.

Kyk nou maar vir Saartjie. Sy wil Moederaarde red en skielik insult sy haar ma. Die Cindy het 16 jaar lank nie gewonne’ hoekom sy haar derra net elke vier maande sien nie, maar sy wonne’ watter vrou laat dit toe.

Daar staan Waanie se twee families toe voor hom en hy wil wiet wa’ brand dit.

As niks darem ’n mens moes wees, was dit hy.

Hy maak dat twee volwasse vroue wat albei vir ’n ride gevat is, discuss wie is die groter fool. Nee dames, die joke is daai cheater.

Daar by Waanie is ook time and again load-shedding. Sy wettige vrou try sin in sy kop praat oor wat ’n man is en ’n vark wat ’n vrou nie status kan gee nie. Maar dis by die een oor uit voor dit by die ander een in is.

Gelukkig was daar darem ’n openbaring vir daddy se girls. Maar hulle glo steeds in wat nie waar is nie. So amper asof die sociopath Vader Krismis is.

’n Vrou se hare is haar trots en hy dink nog hy kan haar Harriets insult, maar Bianca lyk soos een wat nie drama vattie en vir Ridwaan sal sê ko’ pad toe, man.

Die trok driver moan nou, maar hy het 16 jaar met Bianca se hare gespeel en 18 jaar lank was Val sy best actress. Dis oor hy nou vir Doringrosie het.

Djy, Waanie, djy hettie ’n gewete nie, man.

Met Chantel en Saartjie wat susters is, wil ek net hê Debra moet die ander kind wees. “The power of three will set you free,” net soos met die Charmed Ones.

Ek judge nie, maar ons kort ’n verduideliking oor waar presies Mammie Laetitia daai blokkie kaas en vars tamaties gekry het. Ko’ ôs is real, niemand gooi so ’n groot stuk kaas weg nie. En nie eens op Bellville is tamaties so vars nie.

Oor Beatrice wat op haar bag se skouer Carol oor haar oorle’ man sê ek liewer niks nie.

Dit maak ’n mens se hart bly om te sien in Arendsvlei doen dominees nog huisbesoek, maar dít sonder die Bybel onder die blad. Pleks die man bid vir Aunty Gerty, wat nou ’n Bond girl wil wees.

En Uncle Johnny is Arendsvlei se beste PI, maar hoeko’ kannie man nie David se moord ondersoek nie?

Tilla is weer daai ware politician, loop heeldag rond en spin vinnig ’n storie as jy haar corner.

Dis festive en oral word paarties beplan, maar julle ken min jokes. Wendy was óf tande nat óf honderd bedonnerd, maar niggie stiek morsig uit. Die vrou sit en drink nie net met die dooies nie, maar speel ook skaak met oorle’ David se tande. En sy gaan jaart-nommes speel.

Checkmate!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters