3 maande gelede
Julle, langs wie lê Danni in daai koue selle?
Vashti en Marco Spaumer, wat haar kêrel in Suidoos
Vashti en Marco Spaumer, wat haar kêrel in Suidooster speel. Foto: Facebook/@suidooster  ~ 

SO­ DAPPER soos ’n leeu loop Izette na haar kar, onwetend dat daardie oggend­ die laaste keer sal wees dat haar skelm pootjies op daai pedals sal trap.

Sy het dit darem nie verdien nie. Ja, sy was skelmer as ’n jakkals, maar het nie verdien om vermoor te word nie.

Diegene wat my ken, weet hoe min ek van ’n muis of ’n kokkerot hou. Wel, ek’t meer van húlle gehou as van haar, maar daai giftige, geldgierige man wat ander mense se kinders loop en doodmaak, sál sy gat sien! Is hy dan gek?

Daar is arme Danni nou agter geroeste tralies en daagliks teug sy nou koue, vleis­lose sop, eet sy dowwe­, soutlose gekookte eiers en sit sy en huil haar kurkdroog van binne.

En dít alles oor mense wat te lui is om te werk vir hulle eie rykdom!

Ai, Tim, jy maak net wim! Hoekom het jy aan Liewe Heksie se lippe loop hang? Nou sit jy met ’n gewete wat drie ton weeg, ’n dooie skelmpie, ’n onskuldige meisie in die tronk – dít alles omdat jy die kat in die donker wou knyp.

Jy is belaai met laste waarvoor jy hopeloos te jonk is! Hoe maak ’n mens nou? Ek bid so aanhoudend vir jou dat ek skoons ’n nuisance van myself maak daar Bo.

So gepraat van kerkbesigheid: Julle, daai polisieman wat vir Danni net so hooggeregshof toe wil sleep, en wat ek van geen kant af ken nie, lyk dan nou soos die ewebeeld van ’n Griekse god. Maar my!

Ek het nie eens vir Izette vermoor nie, maar hy kan my maar vang! Ek weet in daai geval vaar ek reguit hemel toe, moenie ’n fout maak nie!

Die moves wat Chelsea-Kate hier pull, gee my die rasende stuipe. Sy is so mooi soos tien blomme, maar sy neem verskriklik snaakse besluite in haar lewe!

Het sy skool gegaan? Haar ouers moet hulle geld gaan terugvra, want dit lyk vir my niggie het sub A net deur die venster afgeloer! Sy sal beter besluite moet neem of sy gaan ’n kiem optel. Ek bewe behoorlik van bekommernis!

Verder dra Bianca twee droë troosbrode aan vir die Du Plooy-huishouding en Zoë bring twee bakke vol goedjies wat in foil toegedraai is.

Wat in daai bak was, weet net sy en die duiwel, maar ek weier om my daaroor uit te sit: Ek het eenvoudig te veel waaroor ek worry­.

Julle, langs wie lê Danni in daai koue selle? Ek hoop vir haar part daar’s so ’n groot antie wat soos Mufasa brul wanneer die hiënas aankom!

Kaashifa het seker kontaklense, want sy loop al weer sonder daai nagmerrie van ’n bril rond. En sy is terug op Hallie-Happies, ondanks Lee-Ann se waarskuwing.

Ek sien weer hoe AB Moena se trane met een van daai spaghetti-moppe opdroog. Ek wil nie by wees nie! Moena, jy moet ophou om jou oë so te laat toedruk!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters