2 maande gelede
Daai dinge eindig met ’n dowwe koerantfoto
Simone Biscombe
Simone Biscombe  ~ 

BIANCA is so tra-la-la en maak asof Tim se donkiekar met ’n paar spykers en drie stukkies draad vasgemaak kan word nadat sy daarteen vasgery het.

Meanwhile moet die ding se hele bumper vervang word!

Tim is die hel in, want sy kar is vermors en die meisiekind traak net niks!

Haar klein jakkalsies het die wingerd heeltemal verniel.

Lloyd het geloop, maar skielik is hy terug en maak hy daardie klimeid se hakskeentjies weer bloedrooi.

Boonop steel hy nou selfs Mymoe­na se geld. Die kind kom nie met die lag nie, ou pel!

Ian keer terug van die gramadoelas en Bridgette gee hom die koue skouer.

Hy wonder kamtig hoekom sy hom nie ’n been wil gooi nie, maar wat verwag hy?

Hy los die vrou hoog en droog en kom dan terug – amper asof hy niks verkeerds gedoen het nie.

Die man kan ’n mens darem vir ’n one vat en dan kamtig “sorry” sê. Sy “sorries” is nie eens ’n pyp dagga werd nie. Arme Bridgette …

Hier nooi Mrs. J Ronald saam kerk toe vir koor­oefening.

Ronald hardloop agter vars koeksisters aan saam, maar het sy nou vir jou ’n fout gemaak!

Die man wil dan nou die hardste “God Sorg vir die Mossies” sing, maar kan eintlik nie sing om sy lewe te red nie.

Ek sal my nooit so in die oë laat sit oor ’n paar doughnuts nie… Nanzoil!

Dié dat Vivienne en Justin nou so donkie vasmaak, stuur my al hoe nader aan ’n beroerte.

Weet die mense nie as jy in ’n ander persoon se slaai krap, vorder dit nie veel verder as ’n bloedkol op ’n sypaadjie of ’n dowwe foto in ’n koerant nie?

Dame, jy het twee keuses van man vat: een so jonk soos ’n vulletjie in ’n Skotse rokkie en een so oud soos Jesus se neef. Kies nou net, asseblief.

Carmen, kom vertel net vir die vrou wat vis in die Kaap kos. Sy is lus vir speel en dit maak my moeg!

Dinge is rof in Ruiterbosch, ouens­. Mymoena wonder wat van haar geld geword het, terwyl AB dink sy het skelm koesisters gekoop. Mrs. J en Ronald kry stry oor die kinders. Bridgette braak gal oor ’n ding en Tim sien ’n foto van Justin en Vivienne by ’n paartie.

Chris, het jy borgtoggeld? Tim gaan iemand hard slaan. Die klong knor weer van voor af soos ’n muishond met ’n seer bal.

Justin, mater, spring op ’n trein of ’n ding wat beweeg en spat, boeta!

Bianca het die skoot nou baie hoog deur. My kind, as jy so aangaan, moet jy binnekort harde korsies byt. Swaar sal jy kry!

Los die pilletjies. Gaan draf, gee die hoenders kos of staan en was die hele dag skottelgoed.

Doen iets, maar los vir Satan, Hy’t nie vir jou hemel nie. Los hom!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters