Verlede maand
Bianca het wraggies ’n draad vir elke naald
Simone Biscombe is Bianca in Suidooster  ~ netwerk24

IEMAND, lewend of dood, sal vir AB en Mymoena onder hande moet neem!

Net die Vader sal weet hoekom dit so moeilik is vir hulle om Bianca rehab toe te stuur.

Ek het nou al probeer bid, ek het vanaf verlede Sondag elke middag en elke aand probeer mediteer, maar die meisiekind word net nie beter nie! Wat is aan die gang?

Die hele situasie is ’n mockery! Haar kierang is al gaar gebraai, maar niks verander nie.

Ek wil nie op dieselfde aambeeld hamer nie, maar die klimeid is so taai soos my hare is as ek dit vir drie dae of meer nie gewas het nie.

Waar is die kerke? Kan Pastor nie nader kom en hande oplê nie? Ek het vreeslike vrae!

Sy’t ’n draad vir elke naald! Dit smaak my dis klaar met kees – nanzoeboeliekoendoe!

Mymoena se trane loop soos ’n kraan waarvan die wasser nie meer werk nie.

Sy slaap nie meer nie, sy eet nie, sy weet amper nie eens meer hoe om te bid nie soos sy haar oor Bianca kan uitstres.

Dan sien Bianca nog kans om haar eie ma te klap?

My hart is gebroke.

Ek het my dokter laas week gevra om my van die sterk bloeddrukpilletjie af te haal, maar Woensdag­oggend sit ek alweer 05:00 in die daghospitaal se queue.

Waar kom sy so reg?

Het julle Pastor se suit gesien? Ek sak toe in ’n vinnige koma. Toe ek bykom, staan my ma voor my met ’n koppie suikerwater en trek my kopdoek reg – amper was ek ’n oorle mens!

Ons almal ken of het al gehoor van “Ian Hitler” – stigter en leier van die Suidooster Eiendomme Party­ – wat ’n skrikbewind gevoer het onder die werkers van Ruiterbosch gedurende die oorlog.

Hy het alweer lus om dit te begin in Rhafiek en Carmen se huwelik, maar hy maak hom diep laat.

Ja, Boeta Ian, jou eie honde byt maar altyd die seerste. Loop sit vir jou ’n paar steke in.

Vir weke is ek confused oor wat met Nina aan die gang is soos ek destyds in die wiskundeklas confused was toe juffrou praat.

Sy sê glad hier op ’n kol vir Wade dit is hoekom dit belangrik is met watter energies hy hom associate –­ en dit nogal terwyl Zoe net daar staan!

Ek laat my nie so subtiel indoen nie. Zoe, gaan jy dit net so los dat die Môre-sal-die-son-weer-skyn-vroutjie jou so shade?

As dit ek was, het sy vier stewels in die lug gelê – mark my words!

  • Onthou om my Facebook-blad “Marvin Borcherds Waai met Suidooster” op Facebook te “like” en “share” en wees deel van al die drama van Ruiterbosch!
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters