Verlede maand
Bennie se brownie bring Bridgette amper aarde toe
richard september,akteur,suidooster
Richard September as Bennie in Suidooster.  ~ kykNET

EK ruik ’n rot so groot soos ’n kat!

Die Bennie-mannetjie gee my ’n tipe ongemak, maar ek hang my op soos wasgoed of biltong.

As iemand nie nou vir Bennie vasvat nie, gaan hy die oorsaak daarvan wees dat een of ander siel in Ruiterbosch hulle skoene uittrek – hier’s gevaar aan die kom, my gebede trek Noord!

Mrs J is nou so behep met die klong, jy kan behoorlik met haar toor. Sy gooi ’n dowe oor vir al wat ’n waarskuwing is, want Bennie maak die jol vol! Waar is Bennie se ma? Hoekom laat sy die knapie alleen rondloop? Wie van julle het die welsyn se nommer? Stuur dit vir my!

Mense, daai brown­ie wat Bennie vir Bridgette gebring het, was my ever-end! Dis net ’n bruin krummel-affêre vat toegedraai is in ’n servet wat lyk soos daai wat hulle by ’n begrafnis saam met die suur breyani uitdeel! Bridgette kon maar die ding gevat het. Haar snobistiese houding maak my tog te vies en my humeur ken klaar nie sy perke nie!

Hier is Bianca nou lus vir Siya en andersom en natuurlik slaan ek my oë op na die berge! Dis soos ’n snoek vat saam met ’n leeu wil huis opsit. Kan iemand asseblief net kom keer! Verder wil Mymoena weet of die Koreane se koffie anders as ons s’n is. Kyk waaroor bekommer sy haar.

Bianca druk seker Siya se oë toe deur te maak asof sy hom smaak, maar eintlik wil sy by daai hospitaal se pillekassie wees. Sy dink ons is vaak. Al is ’n pot nog so skeef, hy kry ’n deksel. Maar ek kry niks, ek is seker ’n pan! Bianca sal hierdie keer moet reg sê, sy weet haar verhoudings se wekker gaan oor tien minute af!

Waar kry Wade daai lovebites? Net mense wat nog Mxit en bootleg jeans dra gee lovebites?!

Gloria se baba is uiteindelik gebore en Michelle is so in haar noppies soos wat sommige mense is as ’n biertrok omval.

Het jy al gesien hoe hardloop honderd mense elkeen met drie kratte bier weg? Gelukkig en vrolik. Nou só sit Michelle met die klein Albert-biertjie in die arms.

Wat baat dit Gloria wil die kind sien voordat sy vertrek na die ver plek toe? Sy kan maar nou al helder wyn skink. As ek Gloria was, gaan koop ek vir my ’n kar seat by Cash Converters en hardloop die heuwels in soos ’n skollie wat sien die laws is op pad!

Volle jaar

My lewe is omgedol, my vriendin raai aan ek moenie meer kyk nie, die dominee is op pad hierheen om my op te dra, ek sing in tale en vas nou al vyf dae, alles deur dié mense!

Op ’n ander noot vier ek vandag ’n volle jaar van my #MarvinBorcherdsWaaiMetSuidooster-rubriek in Son Op Sondag.

Ek wil graag dié geleentheid gebruik om baie dankie te sê vir julle onvoorwaardelike ondersteuning!

Cheers op nog ’n suksesvolle jaar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters