2 maande gelede
Arendsvlei mik hoog en bring jou steeds lief en leed in seisoen 2
arendsvlei
Die kinnes van die vlei.  ~ Verskaf

DAAR is vir maande daarvoor gevra en nou is daar na die versoeke geluister!

Arendsvlei sal 'n tweede seisoen hê.

Die great nuus is Woensdagoggend bekendgemaak, kort voor die gewilde telenovela die einde van die eerste seisoen bereik.

Arendsvlei is kykNET & kie se eerste Afrikaanse telenovela, en die vervaardigers beloof dat die karakters in en om Hoërskool Arendsvlei gaan sorg vir nog meer drama.

In die eerste seisoen was die hele Arendsvlei in rep en roer oor David Abrahams se moord en of Wendy Newman, die feeks van die show, uitgevang gaan word.

Kykers was ook sedert Oktober 2018 week-na-week vas voor hul TV's en het die show online laat trend. Daar was saam gesels oor Wesley en Lee-Roy se soen, Wesley se selfmoord, Chantel die boelie en ook Beatrice se arrestasie.

Nou kan almal begin wonder wat beplan Wendy in die stilte? Wel die tweede seisoen gaan 'n hele paar vrae oplos maar maak ook gereed vir meer intriges.

Hierdie seisoen word Janice se broer, Steve Mortlock, vrygelaat  en die hele Arendsvlei word omgekeer. David se lang verlore seun, Nathan, maak ook ’n verskyning terwyl Chantel se pa onverwags aan hul deur kom klop. Kykers kan ook uitsien na nóg ’n moord, ’n verlowing asook cheating, terwyl Wendy hulle net nog meer sal verbaas oor die planne wat sy maak om die Cupido-familie te vernietig.

Akteurs soos Jolene Martin (Beatrice), Melanie Du Bois (Rolene), Rehane Abrahams (Wendy), Crystal Donna Roberts (Janice), Sherman Pharo (Thys), Ann Juries (Claudia), Jody Abrahams (Lionel), Celeste Matthews (Gertie), Craig Adriaanse (Wesley), Gerwen Simon (Valdonia) en Roberto Kyle (LeeRoy) sal weer te sien wees in die reeks! ’n Paar bekende gesigte kom ook terug na die skerm. Danny Ross (sal David se seun Nathan speel), Maurice Carpede (is Chantel se pa, Riedwaan) en Shaleen Surtie-Richards (maak 'n draai as Lionel se ma, Muriel).

Penguin Films is weer die vervaardigers en is baie bly oor die tweede seisoen.

Theltom Masimila, hoofskrywer en mede-vervaardiger, sê dat dit ’n absolute plesier is om kykers vir nog 'n jaar te vermaak met drama en intrige uit die skool op die Kaapse Vlakte.

“In die eerste seisoen van Arendsvlei het ons ’n hoofstuk in elke karakter se lewe besoek en nuwe stories het ontstaan. Met seisoen 2 sien ons hoe ons eerste groep skoliere matrikuleer, en universiteit toe gaan. Die klas van 2020 word ook bekendgestel en van ons geliefde karakters sit met meer geraamtes in die kas as wat ons gedink het.”

Arendsvlei #MikHoog en bring jou #LiefEnLeed elke Maandag tot Woensdag om 20:00 op kykNET & kie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters