14 dae gelede
AB maak toe vrede saam met sy broer
LONELY: Matrone (Annelize van der Ryst-Hattingh) staal haar vir die ergste.Foto: Facebook  ~ 

Arendsvlei, weekdae 20:00 op kykNET & kie

Beatrice se dag draai anders uit as wat sy beplan het. Steve is warm op Daniel se spoor. Maurice en Kim is op die regte plek op die regte tyd. Steve sien Daniel in die park en begin hom dan volg. Gaan hy uitvind waar Daniel bly?

Die Cupido-familie is baie dankbaar dat Maurice vir Beatrice en Kim van die rowers gered het.

Daniel is geskok toe hy uitvind Laetitia het iemand met klippe aangeval.

Hein doen moeite om sy seun en sy stokperdjie te ondersteun. Monique oortree die reëls.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Sharma is geskok oor wat sy by die cop shop sien. Nontle het steeds ’n crush op Mpho. Smanga verraai sy eie broer. Palesa kan dit nie verduur om haar vuil wasgoed in die openbaar te was nie. Lesedi laat haar vriend dinge anders sien.

Nkaba kry ’n aanloklike aanbod van sy nuwe pel. Fikile luister ’n gesprek af wat sy bloed laat kook. Sphe sit haar skoonbroer op sy plek.

Die cops gatecrash die paartie. Pastor Steve verras Gog’Flo met goeie nuus. Ayanda is platgeslaan oor wat sy dink haar man mee besig is.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Bonita en Mariaan kry eindelik ’n middeweg. Lesedi verras Alexa. Esti kry ’n onverwagte besoeker.

Daar is ’n splinternuwe vriendskap in die Laan wat omtrént blom.

Esti raak emosioneel toe sy terugdink aan die verlede.

Thomas se aanmerkings vang Rickus heel onkant.

Matrone maak haar gereed vir die ergste om te gebeur. Lesedi neem beheer van ’n situasie.

Die arme Mariaan maak eindelik oop oor haar kwessies met selfvertroue. Rickus haas hom om die mooie Esti te help.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & kie

Mymoena probeer uitreik na Mrs J. Justin is nie oortuig van sy pa se motiewe nie.

AB maak vrede met Nazeem. Bridgette en Lee-Ann stem nie saam oor Nazeem se versoek nie.

Willem maak Justin nóg kwater. Quinton het planne om meer sakgeld te verdien.

Justin sukkel om ’n nuwe bond met sy pa te vorm.

Quinton werk kliphard om ekstra geld te verdien. Hy is vasbeslote om genoeg te spaar om nuwe headphones te koop.

Lee-Ann voel skuldig oor sekere besluite. Justin het genoeg gehad van sy pa se manipulasie.

Justin is in groot moeilikheid. Die Jacobs-familie sit nou met ’n nuwe krisis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters