4 maande gelede
Ordentlikheid is 2020 se tema ná 2019 se mockery
suidooster,bennie
Ons hoop maar dié jaar voldoen hy aan die tema van ordentlikheid!  ~ Suidooster

ONS is terug! Ek hoop ons kan nou saam daai gammon en tong se vet­jies afskud en die nuwe jaar ordentlik ingaan! 

Die tema van hierdie jaar is ordentlikheid. So, bewaar jou siel as ek sien iemand tree onvanpas op. Dan is ek en jy aanmekaar!

Kan ons van dié geleentheid gebruik maak om so ’n bietjie op 2019 se mockery te reflect? Waar begin ek? Genade, die drama was so volop soos dorings in die somer.

Kan julle onthou hoe Tim vir ons ons dae gegee het met daai Izette-mammatjie? Dit het veroorsaak dat ek ’n sagte kussinkie agter my rug moes sit en elke liewe aand vir my ’n sterk dop moes skink. 

Diegene met asma moes hulle pompie in hulle tiekie pockets dra van kan snak na asem. My gebede het beslis opgedroog vir dié klong se geitjie-maniere. 

Ons hoop maar dié jaar voldoen hy aan die tema van ordentlikheid! 

Julle, daai Gloria-vroutjie het omtrént dinge kom wim maak in die Bosch, nuh? Sy’t my aan ’n crèche-juffroutjie van die platteland laat dink en my behoorlik slapelose nagte gegee met haar bleek gesiggie en hangerige jersey, wat soos ’n papiersak gelyk het!

Ek hoop daar waar sy nou in Kakamas rond drentel, is sy tog gelukkig en eet darem af en toe ’n burger en nie net droë brood nie. Sy beter haar plek ken en nie die Gerbers weer kom pla as sy ’n sent soek nie! 

Met sy vrot maniere en slangerige gedrag laat Ian my amper in ’n morsige inrigting beland! Die man was so geniepsig soos ’n muskiet wat weet hy’s in ’n Doom-lose huis!

Die mense is so verlig dat hy nou vort is, want almal wat onder dié oom se betowering geval het, was mos soos kinders in ’n koor. 

Almal rek hulle mond gelyk in ’n koor of rol hulle oë gelyk soos klein voëltjies wat sien hulle mamma is op pad met ’n wurm! 

Julle dink Ian lê soos groente op ’n smoushoek, kaantie loop hy sleepvoet saam met Nicci in Amerika rond. Mark my words!

En dié dat Wade se wurms en daai mallerige vrou ons so omgekrap het, was ’n groot fout! Eers dog ek sy soek net ’n Ben 10, maar toe steek dit kop uit dat sy eintlik van lotjie getik is! Ek juig van blydskap dat die mal krulkop­figuur die hasepad gekies het.

Michelle en Stefan is nou weer saam en het sommer ’n kindjie van Saron gekry. Hilda hardloop ál die pad van Johannesburg af om te kom swaarkry in Ruiterbosch. Bianca hou van die reuk van rehab en AB trek amper sy skoene uit.

Rhafiek en Carmen het byna onder die kartonbokse van Seepunt gewoon en Danni het haarself so amper in die see loop gooi. Toe vat sy maar vir Siya as ’n troosprys.

Mrs. J is al asvaal van haar man wat siek lê met Alzheimer’s en Ty het amper ’n boyfiend met sulke GHD-hare! 

As 2020 enigsins soos verlede jaar is, begin rook ek dagga! 

Lekker jaar vorentoe, geliefdes!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters