Verlede maand
Nazeem is besig om met die verkeerde suster te flirt
Sy karakter, Nazeem, het van Johannesburg na die K
Irvine van der Merwe speel die stout Samsodien-boetie, Nazeem.  ~ Foto Verskaf

NAZEEM is uit die put van die hel uit. Die duiwel sit regop in sy stêre oor hy trots is op sy regter- en linkerhand!

Aan daai vreeslike ponytail wat so styf op sy kop sit, kan jy sien hierdie is Satan se buurman.

Hoe kan een mens so agterbaks wees? Dis net te moeilik om te glo hy en Abe is bloedbroers.

Wie is die klong se ma? In watter bos is hy grootgemaak? Hoekom kan niemand deur hom sien nie?

Ons het almal gedink Ian gaan almal een vir een graf toe stuur, maar Ian het niks op dié heks van ’n man nie! Nee, die kastige winkeleienaar met sy hope pakkies 50c chips en puffs wat daar rondlê, maak eintlik die jol vol!

Arme onskuldige Bennie werk ook nog vir hom en word aan al die duiwels blootgestel. Ek sê julle – hier kom ’n lelike ding!

Om dinge verder in Ruiterbosch te complicate is Lee-Ann ook nou op ’n mission.

Daai Jacobs-suster is nie soos die fancy een nie. Die verlore suster is nes ’n hond met ’n been. Wanneer sy iets beet het, los sy dit nie sommer nie.

Ons het nie vergeet hoe sy op Ian se case was nie. Die vrou het omtrént in die man se siel gekyk. Ál saak wat sy na ’n eiland laat vaar het, was haar eks-con-man, Adam.

Nazeem is besig om met die verkeerde Jacobs-suster te flirt. Dis nou as hy wil aangaan met sy duiwelse dinge. Ek wil net nie by wees wanneer Nazeem se vet uitbrand nie. Ek steek my daai aand onder die bed weg! Wyk!

Amper is Carmen haar man kwyt van wil rondmors met skepsels wat toe kos geword het vir die haaie van Saldanhabaai!

Jy kan bly wees Rhafiek en sy Skepper se verhouding is so sterk soos Chuck Norris, anders was jy nou in ’n los kroeg op soek na ’n nuwe perd met ’n langer stert.

Ordentlikheid kan jy ook nie oor die counter koop nie. ’n Mens moet jou gedra en dies meer!

Weet Zoe en Wade nie van elope nie? Sy kan lekker vir haar ’n paar rand by daai troewel antie van haar steel en weghol Waenhuiskrans toe. Vra vir Kate om vir Madel te vra vir die adres.

Sy laat Bridgette te lekker met haar kop tokkel. Bridgette en Nazeem se maniere kan ’n mens gebruik as rottegif! Die lewe is ’n donnerse lied!

As Tim nog een keer my bloeddruk gaan opstoot, loop ek Ruiterbosch toe en gee hom so ’n taaie klap dat hy met sy mond hand in die sy staan! My gesondheid lei onder sy slinksheid. Iets sal vir my kalmte moet bring. Ek dink ek moet by ’n koor aansluit!

Verder is Linda toe die Catfish Queen van 2020 en arme Justin voel hy kan ’n kat skiet. Sy voshaarnooi trek vir hom ’n zebra-streep!

Soos die Amazing Race hol hy deur die hele land agter iemand se stem aan wat hy nog net gehoor het en sy sit heeltyd om die draai van sy huis af. Ek val vyf keer flou as dit met my gebeur! Dis die dat ek Valentine’s Day alleen was.

Ons skinder later weer! Koebaai!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters