Verlede maand
Koekeloer Siya na knape terwyl hy so fluks gym?
gantane kusch
Die akteur Gantane Kusch as Siya in Suidooster  ~ Donna Lewis

DRANK is ’n absolute euwel! Ek het my eenkeer so versuip aan tequila dat dit gekos het dat ek op ’n drup geplaas word, want ek was vir jou morsdronk! Nooit weer sit ek my lippe aan ’n bier, brandewyn of tequila nie! Wat nog te sê van mampoer, dan kry ek weer op my moer? Se voet! 

Daar sit Wade nou op Hopelose Vlakte van wil suip asof hy oom Tas se kleinkind is en dit alles deur die adder van ’n Tim. 

My goeiste, die klong se maniere is so morsig soos Kaapstad-stasie ná ’n naweek – onder rotte en stink na pis en slap k*k. Ek’t nie meer hoop, gebede of tyd vir die siel nie. Die duiwel sit regop in sy stêre!

Ek het ’n vermoede so sterk soos Chuck Norris dat hy en Zoë een van die dae ’n slaapkamer deel en hy vreet hom vet aan Rosie (wat nooit te siene is nie) se tamatiebredie en platgevalde brood! Hoe kan een mens so baie onmin saai? 

As ek mooi onthou, sit sy treurige ma in ’n vreeslike inrigting. Ek gaan dit hierdie week my missie maak om uit te vind of daar vir hom ook ’n plekkie in daai kenshuis is, want ek en hy kan nie saam in hierdie same­lewing leef nie. Nie ek en hy nie. Nee!

Hoe kan jy so geldgierig wil wees? Hy kan mos lekker vir hom ’n huis in die hel teken en daar gaan bly! 

Satan soek reeds ’n handlanger, Glo my vry: Hy sal daardie posisie sonder ’n onderhoud van ’n minuut vul! Om by hierdie mannetjie by te hou, makeer jy die geduld van Job. Daai geduld kan jy voor die vader nie oor die counter koop nie! 

Danni en Siya het so baklei om bymekaar te wees, maar nou sien ’n mens hulle dan nooit saam nie. 

Waar brand dit? Vry Siya nou weer met ’n grieppasiënt in die hospitaal, of knyp hy al weer ’n paar katte potblou in die gym? Want nefie kan vir jou vreeslik gym. 

Julle, ek sal ook glad nie verbaas wees as hy elke dan en wan die ander mans se stertjies staan en dophou nie. 

Danni, my liefie, hou daai mooi ogies van jou oop. Môre, oormôre loop jou ekskêrel met ’n Gavin of ’n iets oor die drumpel! 

Carmen wen ook net nie met die JP-kalant nie! Die man is so taai soos R10 se Wilson-lekkers.

Verder kry ek hartkloppings soos iemand wat ’n six-pack Score in ’n uur opgesuip het. 

Hy kan nou maar sy goed vat en spat! Niemand het nou meer vir hom lus nie. Hy laat my snags wakker lê en soggens verslaap – en ek kan nie só deur die lewe gaan nie. 

Kakkerlak

Sulke smart is my nie beskore nie. Verkas, jou robbies! 

Gaan dinge ooit beter raak vir Rhafiek en Carmen? Hulle bly in die een of ander predicament. Hoekom smaak die lewe hulle dan so?

Gits, die lewe is vir hulle asynsuur en nes ’n kakkerlak – meer k*k as luck! 

Ons skinder weer volgende week. Koebaai, Meraai

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters