2 maande gelede
Kaashifa bly karring aan die man met die slang ...
hein poole,jawaahier petersen,suidooster
Khaasiefa en Junaid...en Sylvia.  ~ Foto Verskaf / Suidooster

EN DAAR is Michelle en Quinton alleen onder lockdown!

Ek het julle gesê dis net ’n kwessie van tyd voordat daai mal jong die kind ontvoer. My woorde was skaars koud toe eet hulle gedokterde pizza!

Stefan verloor sy bont varkies en ouma Kate kan haar lag nie hou nie, want vir wat laat sy die seun alleen in die parkie speel?

Ons bly in Suid-Afrika. Hier steel die skelms jou rys uit jou bord uit, korrel vir korrel, terwyl jy daar weerloos sit en kerm!

Ouma Kate is so verbouereerd dat sy skoons haar verlore man inroep om te help!

Die man was die ander dag nie goed genoeg nie, want blykbaar squander hy hul sente, maar nou moet hy kom red wat te redde is!

’n Mens moet waaksaam wees en ophou om die brûe te verbrand wat jou oor die rivier moet vat! Laat dit ’n les wees!

Kaashifa wil nie hoor nie. Sy bly alewig karring aan die man met die slang totdat sy Woensdagaand kos is vir ’n viper! As mense maar net hul ore wil gebruik om te luister dan was niemand van ons nou in hierdie situasie nie. Maar nee, ongehoorsaamheid kan nog ons dood veroorsaak!

Daar was ’n meisiekind saam met my op skool, haar naam was Susan of Sanet. Nou Susan of Sanet het vir alles jammer gevoel en haar gunsteling-woorde was “foei tog”.

Sy wou elke voëltjie red, vir al wat ’n bergie is, brood gee en dan het sy vir al wat ’n mens is, van haar peanuts uitgedeel.

Susan of Sanet laat my so dink aan daai Erica klimeid wat nie wil hoor nie. Hulle klou aan verkeerd lewe vas en as ’n mens hulle wil help, wil hulle in jou gesig spuug!

Hierdie tipe mense moet jy los dat hulle hul vingers verbrand. My gits, ’n mens kan net soveel doen!

Môre, oormôre sê hulle ons het so gesê! Ek laat my nie pimpel en pers slaan deur ’n man wat nie eens hare op sy kop het nie!

Waar kom dié man so reg? My hande was mos nog nooit tette nie, ek slaan vir jou terug, ou maat! Jy sal na jou ma verlang!

Willem se besigheid in Ruiterbosch is teen dié tyd seker al klaar ... Wat maak hy nog daar? Hoekom gaan die man nie huis toe nie?

Hy kom krap almal se lewe om asof hulle hom betaal vir sy k*k maniere! Ek is lus en trek hom oor my skoot, maar ek is bang hy byt my boude!

Die skelm kan gerus vir Michelle uitlos. Het julle gesien hoe vuil is Niggie se pruik? Sy sal ernstig onder ’n stort moet kom anders dans die poppe in daai sel!

Quinton is nou die makste lammetjie op die plaas. Hy noem Michelle nou skoons Mammie! Dit is wat desperaatheid doen. Hou jou maar nederig soos antie Stienie se fluffy as hy honger is!

Ek sou daardie burglar bars afgebyt het soos ’n knaagdier. Ek laat my nie toesluit soos ’n Egiptenaar nie! Ek slaan my oë op na die berge!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters