Verlede maand
Kaashie speel nou met 'n regte slang
hein poole,jawaahier petersen,suidooster
Khaasiefa en Junaid  ~ 

Oupa gooi vir hom 'n dop whiskey in sy koffie en vra vir my of Nazeem ‘n martelaar is. Ek kyk vir oupa met verwarring in my oë en sê “ons is almal martlaars oupa!” Dit is hierdie soort mense wat nie veel verder vorder in die lewe as ‘n bloedkol op die sypaadjie of ‘n dowwe foto in ‘n koerant nie!

Hierdie week was daar vir jou vlamme, die polisie was gebel, die een tjank harder as die ander en skiet stukke spek wat aan twaalf varke behoort! Dis lesse wat ‘n mens moet leer maar jy laat toe dat jou oë toegedruk word. Hulle moes al lankal vir Nazeem vasgedruk het maar hulle is min gespin soos nat wasgoed! 

Hierdie waarheid sal nou iewers moet kop uitsteek en dis vir my net te snaaks dat nie een van die mense lont kan ruik nie! Smaak my hulle IK’s begin almal met ‘n donnerse komma! As die mense van Khayalitsha vir Tim en Bridgette in die hande kry bly daar net nat hare en navy blou baadjies in die pad lê – hulle maak die goddeloses zalties! Pasop, dis nat daar! 

Kaashifa koop vir haar nuwe kêrel ‘n groen balletjie want sy dink dis ‘n katjie. Genade gee ons krag hier seil die duiwel homself en bied vir Eva ‘n appel om aan te kou! 

Bestraf! Wat sal hierdie Junaid makeer om met ‘n Boa Constrictor rond te loop! As daai ding more oormôre honger word sal ons sy maag moet oopsny om vir Junaid ‘n ordentlike begrafnis te gee! 

Kaashie, jy is te mooi om in ‘n slang se maag te lê en vertoef – los die snaakse man en gaan bak liewer ‘n loaf brood! 

Ty is so bang soos ’n bok vir ’n skoot hael is en val amper Wade se vrugte yskas vlenters! Ja, spiere beteken niks het die mossie vir die renoster gesê! 

Waar het Stacey skool gegaan dat sy so vreeslik Afrikaans praat? Dit lyk ek sit en kyk die 7-uur nuus as hierdie saak haar mond oopmaak. Gedoorie. Mens kom ook elke dag iets anders tee – die donkie is beslis ‘n wonderlike ding al staan en poep hy so suur teen die muur! 

Justin se pa is so lasting soos daai vlieë op oom Petrus se varkplaas op Namakwaland en rouer as ‘n stuk vleis in Boeta Gamat se slaghuis! Toe maniere die dag uitgedeel is toe verslaap hy heeltemal die lyn! As onbeskof-wees ‘n mens was, was dit die heeltyd hy! Sy fototjie verskyn daar in die woordeboek. Gaan kyk net! 

Arme Justin word darem mak gemaak asof hy ‘n plaas skaapie is en verder lus Erica daagliks ‘n pakslae te ontvang! Stuur asseblief vir my hierdie meisiekind se ouers se nommers, ek wil hulle bietjie gaan vertel dat sy ‘n blonde slaansak is en dat Hugo die polisie moet bel! 

Die mannetjie wat so op Quintin se case is, is net moeilikheid! Ek ruik al die rotte in Kaap! Die kinders is mos maar “naïve” maar ek sien hoe sit die satan regop in daai Chad se sterre! Iets sal moet gebeur dat ons vir satan net kan los! Ek wil nie my beeld blaas nie maar hy het geen hemel vir ons nie! 

Maar wag, ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters