Verlede maand
G’n wonder Henry het oor die agterdeur geloer nie!
Therese sal sowat ’n maand lank in Ruiterbosch in
Therese Bam speel die rol van Glenda in Suidooster  ~ kykNET/Suidooster

MRS. J is nou só vies vir die Samsodiens dat sy met haar kort hempie daar in die ronde loop!

Hoe kon hulle so ’n verskriklike daad teenoor haar gepleeg het? Die pienk antie skel dat die honde huil!

Ek moes ’n pilletjie onder my tong gooi vir haar part! Dis mos maar gewoonlik die geval – my man verneuk my, maar dan blameer ek Saartjie en Netta, Juanita en Susan, maar nie my man nie! 

Dis mos hoe dit werk – dis die goed wat ons voer, wat ons opvreet! Dis ons wat daai spul ’n klomp geld gee dat hulle kan rondlê in ’n parlement, dan vergeet hulle waar hulle vandaan kom en wat hulle moet doen.

Hulle raak mal, want hulle kry te veel aandag! Dis ons wat mense kans gee om windgat te wees, dan kyk hulle neer op ons!

Jy kan nie sout in jou tee smyt en die koppie blameer nie! Dit lyk nou asof almal, selfs die kerk, moet boet omdat Henry se gulp oop was! Maar ek gaan die halter afhaal met die antie! Sy is sommer stout!

Mymoena weet nie hoe sy moet maak nie. Wanneer laas het sy ’n pot kerriekos gemaak of ’n koeksister ingelê? Mrs. J het haar só van die spoor af dat sy skoon vergeet het hoe om die stoof aan te sit!

Bridgette loop met ál wat ’n geheim is rond, maar Moena kan in die aande nie slaap nie omdat AB lê en rondrol oor ’n dooie man se losbandigheid! 

Die hele situasie gee my ’n tipe angs wat jy ervaar as die swangerskaptoets ’n plusmerkie wys! Dit blyk Mrs. J kan die oupa opgrawe en hom ’n taai klap gee, maar ’n mens speel nie met bene nie, jy spoeg hulle uit!

Ek verstaan in elk geval nie hoekom sy nou so tekere gaan oor ’n eksman nie. Sy’t mos toe weer ’n man gevat met wie sy nou niks te doen wil hê nie!Sy trou die man, hy vergeet net effentjies iets en dan pos sy hom PE toe.

Wat vir ’n vrou is sy? G’n wonder Henry het bo-oor die agterdeur geloer nie! Dit lyk my Niggie se gewete, nes haar lawwe dogter s’n, is toegeskroei!

Ek het nie tyd vir mense wat aspris breins gekry het nie! Hier dink ons almal Ty het in sub A deur die venster geloer en kan nie lees nie, kaantie het die ou ’n gewas op die brein! Ek voel baie jammer vir die mansmens!

Kanker is ’n aardige ding – ek soek liewer ’n tweedehandse doodskis as dít! Ek hoop maar hierdie klong maak dit deur.

Nie een van ons is lus om stadig te ry agter ’n lykswa aan nie.

Wade moet maar nou die vrag trek en nie toelaat dat die druiwestokke met hom werk nie! 

Ty het hom nou broodnodig in die tyd van nood – hy het mos per slot van rekening al baie gewys dat hy ’n bokkom kan braai. So, toe nou, sap-japie, wys jou muis, jou padda of jou volstruis! 

Wag, ons skinder weer volgende week verder!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters