3 maande gelede
Carmen en Rhafiek se holletjies knyp oor JP
rshaad ally,frank rautenbach,suidooster
Frank Rautenbach, Irshaad Ally en Desiré Gardner in 'n toneel uit die kykNET-sepie Suidooster. Foto: kykNET/Suidooster  ~ 

BO EN behalwe die feit dat ek hierdie rubriek skryf, doen ek ’n miljoen ander goed – appels pluk is een van hulle... 

Kom ek vertel vir julle ’n storie. 

Laas Woensdag pak ek padkos en reis na ’n ver geleë plaas. Dis toe my eerste keer. Ek is so opgewonde soos ’n kind in Sweets From Heaven oor die nuwe uitdagings.

Die plaasboer sê toe vir my ek moet op die leer klim en van die boonste appels pluk. Ek, nie lui nie, klim daai leer soos watse brandweerman wat no-use moedswillige katte uit die boom uit moet red!

Man, ek pluk nog my derde appel toe pik ’n slang my amper! Toe ek daai slang se gesig só kyk, toe het die inyoka Tim se gesig… Maar my! 

Ek spring van daai leer af en hol sewe klowe deur van die glibberige skepsel af. Ek het julle mos gesê Tim is ’n slang, niemand wou my glo nie en hier pik hy my in Grabouw amper vrek! 

Amper het julle almal volgende week stadig agter my kis aangestap met vreeslike swart hoedens en lang rokke met shoulder pads en stiffening! 

Ek is toe nooit weer terug na daai werk toe nie en gevolglik het ek nie gepay nie! Ek sit en vreet al heelweek nat brood en geleende suiker! 

Hoe kan ’n mens soos Tim wees? ’n Mens? My Fluffy het mooier maniere en hy woon buite! Die duiwel het ’n handboek geskryf en net een kopié gedruk wat in Tim se kluis toegesluit is. Hiervan is ek seker!

Hy is kamtig boesem buddies met Wade, meanwhile spoeg hy gif in daai juice-klong se oë soos daai National Geographic-kobras wat als wat beweeg, beskou as vrete! 

Ek is óp van dié klong. Ek is so moedeloos soos ’n vrou wat sukkel met haar dronk man! 

Februarie-maand is veronderstel om die maand van liefde te wees, maar wat weet hy wat liefde is? Hy dink seker dis iets wat ’n mens kan vreet! Robbies! 

Gebed help nie eens meer nie! Gooi my tog in die see soos hulle vir JP gegooi het! 

Carmen en Rhafiek se holletjies knyp soos iemand wat maag skoonmaak-pilletjies gedrink het! Julle sal maar móét knyp, jong. Niemand is lus vir vuil broekies nie! 

Hier steek iets weer kop uit. Wie is Nazeem? Hoe oud was AB se ma toe sy dié kalant baar? Hoekom kry mense kinders op 80? Hoe kry jy dit reg om so laf te wees? 

Waar bied hulle hierdie morsige klasse aan? Nou sien hy nog kans vir Bridgette. Ek sê hier kom ’n ding! Een van die dae is Bridgette ook swanger, siende dat mense deesdae aandring om in die oue­tehuis te wil kraam! 

Justin het duidelik nie DStv nie en het nog nie ’n enkele episode van MTV se Catfish gesien nie. 

Hy laat die rampspoedige meisiekind vir hom ’n poets so groot soos Bridgette se huis bak en hy bly simpel! Stamp maar weer jou toon teen die punt van OosWes se skarniere. Miskien lui daar dan ’n klokkie in daai spookasem wat jy ’n brein noem!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters