Verlede maand
Bridgette moet klaar drink; Tim soek nog ál haar sente
Therese saam met Denise Newman, wat die sakevrou B
Glenda (Therese Bam) en Bridgette Jacobs (Denise Newman) loop mekaar raak in Ruiterbosch.  ~ kykNET / Suidooster

GEWOONLIK sien mense soos die Kardashians psychics; nou wil Bridgette ook hierdie toorgoed probeer. Dit gebeur nou as dikmelk kaas geword het.

Glenda is so skelm, sy’s nie eens ’n pyp dagga werd nie!

Bridgette moet maar haar laaste rooiwyn sit en uitsuip, want binnekort behoort ál haar sente aan Tim!

Sy is kamtig altyd in die wenspan wanneer dit kom by mense uitsnuffel, maar hierdie keer is sy te laat vir haar eie begrafnis.

Ek sal my nooit so laat kul deur ’n klong wat nog nooit een staande huis geteken het nie. Wys vir ons die kwitansies – ons wag!

My tannie het altyd gesê ’n leuen is soos ’n klein kombersie: Trek jou kop toe, dan is jou voete oop. Trek jou voete toe, dan is jou kop oop!

Kaashifa het vir haar met dié slang ’n helse klein kombersie gehekel! Dit lyk my haar en Junaid se verhouding is oor nog voordat dit enige son kon kry.

Ek voel vir niemand sleg nie, veral nie vir Junaid nie. Dit gebeur mos as jy die babatjie op iemand anders se drumpel sit. Loop steek by Fiela Komoetie kers op; sy weet hoe dit werk.

Kate drink daai wyn tot op die bodem. Niggie kan nie loop nie, maar sy wil bestuur.

Dit is hierdie tipe gedrag wat daarnatoe lei dat ons tronke vol is en die kerke nie ’n rand in die kollektebordjie sien nie.

Sy wil nou op haar oudag vir haar kontant hou met ’n tingerige slinger en nogal vir Mrs. J ook oor die afgrond sleep. Haai, nee-a!

Ek het julle gesê Chris is lus vir hierdie timmerasie van ’n vrou! Hy koop skoons stukke steak en bier vir elke nier. Dis net ’n kwessie van tyd voordat sy in ’n cream gown uit sy kamer kombuis toe loop en eiers gaar maak.

Jy kan nog nooit so onder een dak bly nie. Kuikens broei onder hitte uit.

Iemand sal die babatjie moet vashou. Hierso!

Ty sal maar sy oë moet laat toets voordat Lee-Ann, wat so gal afgaan, in ’n vlak graf ingesak word.

Hoekom sy nie bestuur nie, is my ever end. Nou loop en skel sy soos ’n viswyf in die sentrum asof sy deur ’n hiëna grootgemaak is.

Ek kan my mos lelik vervies vir mense wat nie hul plek ken nie. Laat toets jou ogies, Tytjie, voordat hierdie wilde skepsel jou afpoeier!

Deesdae is Carmen bleker as ’n pak A4-print-papier! Wat is hier aan die gebeur? Dis asof hierdie nooi net vir spek en bone bestaan.

Laat ek stilbly oor hierdie mense. Dalk is dit beter so. Hulle sê as jy die aas roer, dan stink dit. Die wêreld soos dit nou is, is terselfdertyd klaar galbitter en asynsuur. Ons soek niks meer bydraes nie. Wyk!

Ek wonder wat Stefan en Michelle nou maak. Sit en drink seker teppie op ’n stoep iewers terwyl Quinton met stofknieë brood kom soek.

Bly daar. In vergelyking met wat hier by ons aangaan, is dit hemel op die platteland. Veilig wees en ons skinder weer volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters