Verlede maand
Bridge se ondergang kom toe van crocs en lang skirts
Therese saam met Denise Newman, wat die sakevrou B
Therese saam met Denise Newman, wat die sakevrou Bridgette Jacobs in Suidooster speel. Therese sal sowat ’n maand lank in Ruiterbosch in aksie wees. Foto: kykNET/Suidooster  ~ 

DINK gou vir jou in jou outjie los jou vir ’n slang? Dit sal die dag wees! Ek sal jou self vrek pik dat jy stil lê in Tygerberg!

Die man is heeltemal van lotjie getik! Hoe los jy ’n ordentlike vrou vir ’n ding wat jou aankyk asof jy ’n stuk stront is en vir jou wil eet vir supper? Die lawwe man loop weer aandklas, nou wil hy kamtig met ’n aalwynpil in die kies loop! Niemand hou van sulke maniere nie, niémand nie!

Ek hoop die man kan sy eie vriete aanmekaarslaan, want hoe steek jy jou brood so in die pad? Die vrou sou daai effense boudjies van hom so vet voer maar nee, jakkals eet die suur pruime en skyt die hele tuin vol! Dis gewoonlik hierdie tipe mense wat na hulle ma verlang as die dak skroei!

En hoekom kan Ty nou skielik nie sien nie? Is dit nou Rhafiek se skuld dat hy nie katte uit die boom uit kan kyk nie? Dis hierdie tipe maniere wat ’n mens deur jou hare laat groei! As ek hierdie grease-man is, sal ek dankbaar wees vir elke krok wat in my garage kom parkeer – dis mos as gevolg van hulle dat hy so lekker gatsbys in sy maag kan prop! Sê groete aan die vrate!

Wade is ook nes ’n hand vol vlieë deesdae. So onopwindend soos môre die heeldag! Loop agter die broer aan soos ’n stert aan ’n rot! Waar is Mercedes? Sy kan lekker dinge kom wim maak en ek is in die bui om ’n paar loopneusdae te sien!

Gee vir my iets waaroor ek huis toe kan skryf, want my ma is op soek na ’n brief.

Kate skryf in die geheim in vir ’n kompetisie, maar staan toe nie ’n kat se kans nie. Soms moet ’n mens tussen die lyne lees en nie jouself probeer oortref nie.

Sommige van ons is uitsluitlik in die stellende en vergrotende trap gebore – maak vrede daarmee. Lees maar jou dik boeke, ouma, en los die skrywery vir Deon Meyer!

Wat presies wil Danni doen met hierdie skuinsvroutjie se manuskrip? Danni kan dan net vergaderings reël en ’n telefoon beantwoord? Sy moet asseblief haar plek ken! Sy sien hoe knor die baas soos ’n muishond met ’n seer bal! Maar niemand luister ooit na my nie – ek praat mos twak. Wag, ek kan nie van twak praat nie, net nou sluit die goewerment my toe en van tronk- eiers en penny polony weet ek niks!

Daar kap hulle amper vir Bridgette in Jerome se graf in! Amper slaap hierdie vrou op daai kind se bors! Dit kom nou daarvan as jy mense se woord vat wat met Crocs en lang skirts deur die lewe beweeg! Hierdie Glenda-meid is so onsmaaklik soos ’n warme bier! Ek sal nooit my siel so verkoop nie, maar dit gebeur seker as jy wil donkie vasmaak by ’n man met ’n ponytail! Maar laat ek liewer my smoel hou, môre, oormôre sê hulle ek het so gesê!

Valkenberg het vir my ’n email gestuur om vir Tim te forward – Bridgette se kamer is gereed. ’n Koppie flou tee, ses pille en twee snye brood wag vir haar!

Ons skinder weer!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters