2 maande gelede
Bianca se mond ruik seker die lekkerste in Ruiterbosch
SARIE
'Suidooster' se Simone Biscombe tydens 'n SARIE-fotosessie. FOTO Michael Le Grange  ~ 

SO, KYK ons nou hierdie program net sodat ons kan sien hoe dié Bianca vroumens geel Tic Tacs drink...

Is Tic Tacs nie veronderstel om jou mond lekker te laat ruik nie? Haar mond ruik seker die lekkerste in Ruiterbosch!

Ek kan nie meer sien hoe sy haar vir die swyne gooi nie. Jy kan mos nog nooit jou so laat gaan vir ’n man nie! Dit nogal vir ’n man wat nie eens weet wat jou van is nie!

Nee, jy sal jou koppie moet laat lees, want daar is mense daar buite wat hulle verlekker in jou smart.

Moenie vir die mense so kos gee vir hulle oë nie! Ek laat mense se oë honger bly! Loop skyt, jou maer-oog-skepsel!

Hoe weet AB nie dat daar ’n man in sy huis geslaap het nie? Mymoena kuier nou te lank vir die queen van Engeland!

Sy moet huis toe kom! Haar huis val plat. Die wolf het daai morning die huis van strooi plat geblaas!

As Mymoena huis toe kom, moet sy seker onder die cardboard-boks lê en vertoef, want soos dinge daar gaan, lyk dit vir my asof sy haar samoesas maar in die gemeenskap saal moet gaan bak!

Die Lloyd-klong is so geniepsig soos tien mense! Hoekom het hy nie eers ’n R100 as hy by die fancy advertensie-plek werk nie?

Hy sit en suip liewer tequilas in die kroeg soos watse uitgekletterde kokkerot! Waar is die man se ouers? Ek wil met hulle gesels oor sy wangedrag!

As Danni vir Siya sien, is sy so in haar noppies soos ’n babavoëltjie wat sien haar mamma is op pad met ’n wurm! Jy moet jou nie so vergooi nie, Meisie. Jy is hopeloos te mooi en ordentlik om toe te laat dat ’n man in ’n stywe broek jou soveel airtime moet laat koop.

Hy kan mos ’n slag vir jou met die hospitaal se foon bel! Spaar jou geld, Nana! Die man gryp sommer die volgende pasiënt wat in kom met griep! Van toegewydheid weet hy niks nie!

Kyk hoe swerf Bianca nou rond soos ’n mossie op soek na ’n nes!

Kate wil nou skei op die ouderdom van 70! Hoe doen jy daai? Ek wil weet hoe oud sy was toe sy die lewe geskenk het aan Michelle.

’n Blinde mens kan sien dat sy Michelle se ouma moes wees, maar niemand sê enigiets nie!

Dis van stilbly dat ons tronke vol is en ons amper R20 betaal vir ’n liter petrol! Moenie die duiwel so kans gee om ons te ruïneer nie!

Gaan hulle nou Quinton se Lotto-geld vat of gaan jy maar nou teen die Waterfront staan en skei?

Sy’t ook seker die man wat sy het, van die skoolbanke af gevry, want dit lyk asof hy ook vir haar antie kan sê!

Julle, dié dinge gebeur en as jy jou oë uitvee, is hulle met die lyf terwyl jy nog matriek skryf! Wees versigtig vir cougars. Jy’s môre daddy voordat jy jou ID kan kry!

Ons skinder weer volgende week. My beker loop oor! Koebaai!

  • Onthou om my Facebook-blad “Marvin Borcherds Waai Met Suidooster” te like en share, nè!
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters