4 maande gelede
Bianca kan nou maar daai Facebook-kat vat
Simone Biscombe
Simone Biscombe  ~ 

DAAR vang Rhafiek en besige Carmen vir Siya en Danni soos die polisie ’n Kaapse skelm vastrap wat besig is om Tinus en Wilma se BluRay player en smart TV in hul Durbanville-huis te steel!

Vas soos ’n muis in ’n kalbas! Dié twee kan hulle lag nie hou nie. As skaam wees ’n besigheid was, dan was hulle twee die baas!

Ek sê al van Gustav se morning af hulle twee moes maar net verklap wat aangaan, maar nee – astrant is hulle in hul moederskoot gevorm! 

Arme Bianca maak nou ál wat ’n krokodil is jaloers met haar trane! Maar het julle gesien die trane wil nie rol nie? Sy huil seker binnetoe. Soos daai mense wat sê: “Ag, jy’s nie lelik nie; jy’s mooi van binne.”

Waar het jy nou al gehoor ’n kort mens is lank van binne? 

Noem ’n ding op sy naam. Haar traantjies het in poeiervorm uitgekom op AB se vreeslike bronskleurige hemp! 

Ai, hierdie dame se opsies van mans in Ruiterbosch is so beperk, ek stel voor sy neem vir haar daai vreeslike kat op Facebook aan wat daai blonde vroumens so skel! 

Sommige van ons moet net katte hê, nie mans nie. 

’n Kat is soms meer romanties as ’n man; hy bring vir jou onverwags geskenkies in die vorm van dooie voëltjies en muise en verder moet jy hom net streel en vriete gee! Probleem opgelos! 

Bridgette lyk asof sy in ’n beter plek is in haar lewe. Iets glinster weer in daai oë wat laas week soos trossies laatoes-druiwe gehang het! 

Niggie het weer een of ander gedaanteverwisseling ondergaan, maar moet my nie vra wat nie. Alles omtrent haar verwar my grensloos! 

En saam met wie wil dié alleen­loper-skepseltjie loop dans dat sy nou skoons die kaartjies by Ty se linkervoete wil oorkoop? Sy’t ook seker ’n kat iewers!

Daai hare van Gavin lê vir my heeltemal te op hulle plek en daai onderbaadjie spreek boekdele. En nou bied hy dans ook aan? 

Kom ek sê vir julle só, die oompie wat dans by onse skool aangebied het, toer nou die hele Europa vol saam met sy man.

So, hier kom ’n ding! Gavin lus vir hom ’n man los tango! ’n Mens kan hom seker nie blameer nie, dis amper festive, dan soek elke Jan Rap en sy maat mos ’n man! 

En hoe het Chris dit reggekry om soos ’n dief in die nag toevallig by Michelle-hulle se woonstel te verskyn toe Richard vir hulle wou braai? Chris lyk asof hy jare rugby gespeel het, maar hy kan nie ’n klein mannetjie tackle nie? Seker maar vir die E-span gespeel. 

Daar pla Richard se gewete hom so geweldig soos ’n lastige vlieg as jy ’n middagslapie wil vat en hang hom op aan ’n los tou op ’n ver, verlate vlakte!

Michelle se gesiggie is so opgemaak soos Mamma Beer s’n toe sy daai morning vir Gouelokkies die pap opgeskep het! 

Julle wat so lief is vir geld, moet oppas, mens loop word stil in Beaufort-Wes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters