11 maande gelede
Wade is geskok oor Nina se volgelinge
7de laan: Esti (Reandi Grey) vrees vir haar lewe.foto verskaf  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Lincoln word uit die hospitaal ontslaan. Ntando is reg vir wraak. Wendy het teleurstellende nuus vir Morongwa. Nina stel haar plan in aksie. Hendrik en Lalage dryf verder uitmekaar.

Ntando is geskok oor sy aan Gatanga iets onthul oor sy pa se siekte. Gabriel verbrou sy kanse, maar hy vind gou weer sy voete. Gatanga se waarskuwing oor Nina se toordery val op dowe ore.

Hendrik en Wendy speel ’n gevaarlike speletjie. Lungi stem in om op ’n date saam met Gabriel te gaan net om Sechaba te irriteer.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Wandile worry oor Lucy se surrogaat-kandidate. Amy maak ’n skokkende onthulling oor Mack. Die pediater het slegte nuus vir Rori se ouers. Zitha is woedend toe Smanga last minute op haar cancel.

Nandi gee vir Jack waarna hy so desperaat smag. Lesedi is verskrik oor wat sy op haar tjommie se foon sien. Alle vingers wys na Captain as die piemper nadat die polisiedossiere verdwyn.

Mandla keer terug van sy oorsese trip. Speurder James is woedend oor Pele se onthulling. Cosmo is geruk deur ’n besoek van die cops.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

André het ’n skuldige gewete oor Connie. Hilda moet ’n moeilike besluit neem.

’n Misverstand ontstaan tussen Alexa en Lesedi. Bonita en Vanessa beplan ’n lekker uitstappie vir die kinders.

Hilda se toekomsplanne ver­ander dramaties. Vince hoor skokkende nuus. Marko maak sy stem dik. Rickus bid vir al sy sondes. Nozi deel goeie nuus met ál die jongelinge.

Esti vrees vir haar lewe. Die inwoners van Hillside berei voor vir vandag se feestelikhede.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Stefan en Mymoena deel ’n teer oomblik. Bianca kom tuis en dit lyk asof sy ’n keerpunt bereik het. Siya wil hê Mrs. J moet besin oor of sy Ronald se siekte kan hanteer.

Dis ’n belangrike dag vir Rhafiek en ’n moeilike een vir Bianca. Mrs. J word erg teleurgestel, terwyl Nina vir Wade ophemel.

Zoe probeer sin maak van Wade se betrokkenheid by Nina se nuwe pamfletveldtog.

Mrs. J en Ronald vier ’n spesiale geleentheid. Wade is geskok toe een van Nina se volgelinge te ver gaan.

Bianca probeer vrede maak met haar familie en vriende. Ian en Rhafiek takseer mekaar, en Ian maak Carmen se werkslewe ondraaglik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters