3 maande gelede
Vonke spat tussen die Jacobs-susters
nuus: Die kaptein het leidrade oor wat met Tshidi (Letoya Makhene) gebeur het.foto verskaf  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Palesa wys haar ware kleure toe dinge nie verloop soos sy wil hê nie. Nina dobbel met haar verhouding.

Veronica se crush behandel haar soos ’n koningin. Phindile is oortuig daarvan dat Palesa gevoelens vir Sechaba ontwikkel het.

Lalage vorm ’n onwaarskynlike alliansie met Makgorometsa.

Skroof verdwyn soos ’n groot speld. Anele het haar eie idee oor wie agter dit sit.

Phindile besluit om Palesa ore aan te sit. Anja is omgekrap oor Lalage en Nina se vriendskap.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Die uitslae van die forensiese toets bevestig ál Cosmo se ver­moedens. Gadaffi is platgeslaan toe hy die nuus oor sy enigste ware liefde hoor.

Sphe moet slegte nuus aan die Morokas oordra. Die kaptein het ’n lead oor Tshidi.

Lucy moet vasgemaak word toe sy gewelddadig word.

Smanga beveel Bulelwa om ’n vergadering byeen te roep.

’n Opmerking in die verbygaan laat Jack se mind oortyd werk. Crazy J kom tot die redding toe die paartiereëlings uitmekaarval.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Olivia bond met die assistent in die boetiek.

Charmaine het ’n nuwe loseerder. Lesedi en Marko leer meer oor mekaar.

Waarmee is Gabby besig? Marko is verheug vir Rickus se onthalwe.

’n Vasbeslote Matrone voel dit is haar verantwoordelikheid om ’n jong meisie onder haar vlerk te neem.

Die Bruynwaves-span het hulle visier op ’n nuwe projek.

Olivia se poetse laat liewe Diederik koud. Lesedi is reg om dinge vir Kevin moeilik te maak.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET&Kie

Daar is ’n groot krisis by Suidooster Eiendomme. Bridgette probeer deurdring tot Zoe, wat Wade oor ’n internetvideo konfronteer.

Die Gerbers kom tot ’n nuwe insig.

Wade maak ’n belofte aan Zoe, maar dan klop die versoeking aan sy deur.

Die Jacobs-susters vlieg mekaar weer in. Pierre het ’n voorstel wat almal skok.

Stefan bereik breekpunt, terwyl Wade sukkel om sy geheim vir Zoe weg te steek.

Tim is aan die konkel vir sy eie gewin. Wade ervaar iets skokkends.

Carmen en Rhafiek sit vas oor hulle toekoms.

Frankie waarsku Wade om sy mond te hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters