2 maande gelede
Uncle Pastor stel weer teleur
vergeetagtig: Ronald (Ivan Abrahams) en sy kleinseun probeer die skok verwerk.foto verskaf  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Sechaba hoor Bokamoso moet dalk toemaak. Kgothalo gooi die deur in Ntando se gesig toe nadat hy die olyftakkie uitsteek.

Hendrik probeer sy seun se reaksie op die moord op Seline verstaan. Sechaba het ’n nuwe probleem. Ntando maak oop teenoor sy pa, en dié doen iets heeltemal buite sy karakter. Anja is bekommerd oor haar broer ongewoon optree en moordgedagtes kry.

Thabang is bekommerd toe hy sien Gatanga tree vreemd op. Nina sê vir Cebisa sy het nou ’n magtige man aan haar sy.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Cosmo raai sy suster aan om vir haar ou te veg. Sasha soek bewyse dat Jack Dmitry se dood beplan het. Wandile stem in om na Rori te kyk.

Mrekza is geskok toe seks vrylik aan hom gebied word. Zitha is teleurgesteld toe Smanga nie sy way met haar kry nie. AJ maak ’n skokkende onthulling oor homself. Jack betrap Pele op heter daad toe hy sy sekuriteitstelsel uitcheck.

Lucy is nie hêppie om te hoor wie haar eks gekies het nie. Mrekza kry wat hy altyd begeer het, maar hy wil dit nie nou meer hê nie.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Vince is opgewonde oor sy groot dag. André is desperaat vir antwoorde. Marko is nie gelukkig oor die saamblyreëlings nie.

Lesedi laat eindelik dat haar gevoelens haar lei. Jacob is nie hêppie oor sy dogter se keuse in mans nie.

Connie plaas ’n groot verantwoordelikheid op Vernon se skouers. Diederik en Esti deel ’n ongemaklike gesprek.

Lesedi en Justin kan steeds nie ophou baklei nie. Diederik is bekommerd oor Olivia se vreemde gedrag.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Chris se jaloesie kry die oorhand en Mrs J is bekommerd oor Ronald. Die Samsodiens probeer Bianca ondersteun, maar Stefan stel ’n ultimatum.

Dis die dag van die October Drive, maar Ronald stel weer vir Mrs J teleur. Chris daag met ’n piekniekmandjie voor Vivienne se deur op, terwyl Michelle genoeg gehad het en vir Bianca aanvat.

Ronald en Siya verwerk die skokkende nuus, terwyl ’n paniekbevange Bianca haar probeer regruk voor die maatskaplike werker se besoek. Ian plaas Rhafiek in ’n moeilike situasie met uitsoekerige kliënte.

Mrs J vertel haar dogters van Ronald. Mymoena probeer Bianca oortuig om na ’n rehabilitasie- kliniek te gaan...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters