5 maande gelede
Twee ekse beplan moord op mekaar
TronkvoëL: Gaan Mariaan (Deirdré Wolhuter) se plan werk?foto verskaf  ~ 

Suidooster, weekdae 20:00 op kykNET & Kie

Ian is woedend toe hy uitvind die Swanepoel-projek gaan ver oor die budget wees. Stefan bedank Bridgette vir haar hulp en kry ’n onverwagte reaksie.

’n Vreemdeling tref Bianca se oog. Ian gebruik Danny toe hy Eben vir ete oornooi. Stefan besef Bridgette wil ’n nuwe chef aanstel.

Zoë neem ’n groot besluit oor haar werk. Rhafiek hoor van Carmen se wilde trouplanne.

Daar skuil meer agter Nathan se sjarmante glimlag. Die Daniels-broers is haweloos.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Rickus deel sy nuus met Chris. Gaan Bonita se planne uitwerk? Fikani druk sy neus in ander mense se sake.

Willem moedig Amorey aan om vrede met die verlede te maak. Vince staan sy broer by in sy donkerste uur. Charmaine waarsku Vanessa om versigtig te wees.

Nozi is halsoorkop verlief. Amanda probeer wraak neem. Alexa probeer haar kop skoon kry.

Gaan Mariaan se plan werk? Olivia is bekommerd haar vriendin is oorhaastig.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Fana voel steeds skuldig oor ’n man se dood. Gadaffi sê koebaai aan ’n vrou wat hy beplan om te vermoor. Dit is D-dag en Tshidi moet voorgee dat dit bars.

Nandi se nuwe romanse vorder te vinnig na haar sin. Man en vrou voer hul planne uit om mekaar te vermoor. Almal is bekommerd toe Mazwi net verdwyn.

Cosmo drink heeltemal te veel wyn by ’n baie belangrike meeting. Lesedi is nie hêppie met haar familie wat ’n intervention gereël het nie.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Sechaba is desperaat na antwoorde op soek. ’n Vlam uit die verlede keer terug en dit voorspel moeilikheid vir Nina en Lincoln.

Lincoln blameer Nina vir die ontploffing van die polisiestasie. Thabang is gatvol daarvoor om saam met Charlie in ’n shack te bly. Sechaba gaan vlieg vir Lincoln in nadat Benjamin by hom was.

Wendy vertel Hendrik sleg nadat hy Jacques met die vuiste bygekom het. Gatanga is seergemaak toe Makgorometsa hom uitjou oor hy nooit kleinkinders gaan hê nie.

Hendrik se gedrag verwar Zandré. Thabang se opgewondenheid verdwyn toe hy agterkom sy pa se siening het verander.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters