5 maande gelede
Thabang se bubble bars ná daai aanbod
paap: Thabang (Pholoso Mohlala) in Isidingo moet sy groot projek weer pitch. Foto: pintaram  ~ 

Suidooster, weekdae 20:00 op kykNET & Kie

Rhafiek reik weer uit na die Fourie’s. Tyron is vasbeslote om in oom Fasie se huis te bly. Bianca probeer met Carmen versoen raak.

AB kry ’n wilde plan om die Fourie’s te herenig. Die Daniels-broers fop Lee-­Ann en iets betrap Eben onkant. Stefan en Bridgette stamp kop, en die vete tussen Zoë en Danielle kry ’n twist.

Gawie en Estelle verlaat Ruiterbosch. Zoë glo iets gaan aan tussen Danni en Eben, terwyl Carmen in Mymoena se wêreld probeer inpas. Die Daniels-broers kry slegte nuus.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Mariaan sukkel om haar lot te aanvaar. Bonita is desperaat en alleen. Is dít wat die toekoms vir haar inhou?

Amorey ondersteun Chris in dié moeilike tyd. Matrone help André in die kombuis. Rickus maak oop teenoor Olivia. Is Mariaan desperaat genoeg om hulp van ’n vreemdeling te aanvaar?

Xander sukkel om kop bo water te hou. Justin se ou wonde word weer sigbaar. Vanessa sluk haar trots en doen die regte ding. Alexa maak oop teenoor Fikani.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Sal die Diale’s die vroue betyds uit die vlamme kry? Tshidi se moordplanne skok Zondiwe. Die planne teen Jack loop lelik skeef.

Lucy glo dis straf genoeg as Skhalo se ore afgesny word. Die alliansie weier dat Fana hul planne in gevaar stel. Dis erg vir Gog’Flo om van Getty afskeid te neem.

Gadaffi se plan word gedwarsboom. Nandi raak close met haar nuwe tjommie. Lesedi se selfoonobsessie verander haar karakter.

Sal Sphe ingee as ’n vuur­wapen in haar gesig gedruk word?

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Dis Morongwa se dissiplinêre verhoor en dit lyk asof sy weer haar job gaan verloor. Thabang paap oor hy sy projek ’n tweede keer aan Kgothalo moet pitch.

Lalage slaan die deur in Seline se gesig toe. Thabang besluit oor aanbouings aan sy pa se huis.

Seline kry ’n onverwagse reaksie toe sy Clive vertel oor Lalage se aanstelling. Thabang se bubble bars toe hy uitvind hoeveel Nzinga hom aanbied.

Lerato vertel Seline van Wendy se ou lewe. Thabang sit tussen twee vure ... Sal hy die aanbod aanvaar wat Nzinga maak?

Seline probeer haar moves op ’n youngster uithaal. Thabang kry nie sy sin nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters