9 maande gelede
Smanga wonder oor sy oom se sterfte
Kleintjie: In 7de Laan verlang Karmen na Hettie en Tjattas.foto verskaf  ~ 

Suidooster, Maandae tot Donderdae 20:00 op kykNET & Kie

Michelle en Emma se verhouding bereik nuwe hoogtes. Stefan ontdek iets oor Emma wat alles kan bedinges. Gaan Mymoena Mrs. J kan oorreed om Ronald ’n kans te gee?

AB doen ekstra moeite vir Rhafiek met die familiekuier. Bridgette en Lee-Ann konfronteer hul ma oor Ronald. Zoë is vasbeslote om die cover girl-kompetisie te wen.

Die ouens maak ’n plan om Zoë met die kompetisie te help. Die mededinging tussen Zoë en Danny raak tawwer. Rhafiek sukkel om ’n goeie deal te kry.

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC 3

Gabriel sien nie meer kans vir al die drama nie, maar Nina wil haar steeds wreek op Nikiwe. Enhle sukkel om Lerato die waarheid te vertel. Anja vertel haar ma sy weet van haar en Zandré se geheim.

Gabriel het ’n plan oor hoe om sy kinders te beskerm. ’n Dief by die salon laat Lerato slange vang.

Hendrik neem ’n ongevoelige besluit oor Zandré. Gabriel probeer Nina mislei.

Lerato is op die uitkyk vir die dief. Haar date saam met Sechaba eindig op ’n onverwagte wyse.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC 2

Chris besef hy moet sy gesin ondersteun. Karmen sukkel steeds om Hettie en Tjattas te vergeet. Esti ontdek wat Olivia die hele tyd probeer wegsteek.

Fikani is nie gelukkig met Rickus se werk nie. Mariaan is spyt oor hoe sy Ammie behandel het.

Matrone probeer haar onskuld bewys. Rickus is baie senuagtig oor sy date.

André berei voor vir ’n belangrike verhoor. Hilda is teleurgesteld toe sy die waarheid ontdek. Vanessa bereik breekpunt.

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

Jack maak ’n fout by JMEC en dit gee sy vyand ’n idee. Gadaffi dink dis tyd om sy verhouding te beëindig. Tau is geskok toe hy besef Zitha was heeltyd reg. Sphe gaan nie toelaat dat enigeen haar sê hoe om haar lewe te lei nie.

Lesedi probeer vergeefs met Brandon praat. Almal is verras oor wat in Molefe se testament staan.

Ntombi is geskok toe sy op ’n e-pos afkom wat vir Fana bedoel is. Thandeka dreig Nandi – óf sy help Thandi selfmoord pleeg óf sy word gepiemp.

Zitha is nog nie gereed vir trou nie. Smanga is agterdogtig oor hoe sy grootoom gesterf het. Lucy is nie gelukkig toe Mrekza haar geheim ontdek nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters