Verlede jaar
Siya besef iets is nie lekker met sy oupa
IN DIE SOP: Seline (Rosa Anthony) se skelmpie stap in toe sy en haar man stry. Foto: TWITTER  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Ntando wys bloed is dikker as water. Zandre stap in terwyl Seline en Clive hewig stry. Ntando se plan backfire om Nzinga deel te maak van Sibeko Gold.

Kgothalo is gebroke, maar Ntando het nog ’n voorstel vir haar. Lalage word net al hoe beter in haar rol as Lincoln se PA.

Lalage is briesend toe Anja haar vrinne oornooi om by die pent­house te swem.

Clive doen die ondenkbare toe hy in ’n hoek gedruk word.

Ntando se pa gee eindelik sy goedkeuring, maar teen ’n prys.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Lesedi is geskok toe sy hoor wat nog vir haar voorlê. Gaan Sphe se matchmaking uitwerk? Cosmo is geskok oor wat Lucy onthul.

Dinge verloop nie volgens plan toe Smanga vir Zitha uitvra nie. Die Diales kom nie agter iemand gooi varkoor nie. Speurder James druk Johnny in ’n hoek.

Amy weet nie wie om meer te glo nie. Mrekza trek uit die Diale-huis. Pele vind uit Tina is terug na haar eks toe.

Lucy breek in by Mazwi se huis. Lesedi begin onthou wat op die kamp gebeur het.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Jacob en Xander stamp koppe. Die jongelinge is gretig om Aggie se rewards te wen.

Gaan André en Connie deur hulle probleme kan werk?

Charmaine steek haar neus in Xander se sake. Diederik sit Olivia op haar plek. Aggie is desperaat om haar verhouding met Vince te red. Vanessa verdedig Xander teen Charmaine en Bonita.

Fikani se mediese reputasie is op die spel. Mariaan soek antwoorde by Chris. Justin help Bonita in haar uur van nood. Esti ondersteun ’n gebroke Olivia.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Bianca speel met vuur. Bianca is desperaat om Stella terug te kry, terwyl Vivienne weer vir Chris smeek om haar te vergewe.

Bridgette soek dringend hulp met die reëlings vir die October Drive.

Bianca hoor sy moet vir ’n dwelmtoets gaan. Chris kry ’n nuwe perspektief op sy verhouding met Vivienne, en Siya besef iets is nie pluis met Ronald nie.

Tim worry steeds oor Chris, terwyl Ronald met eenvoudige takies sukkel. Bianca sal enigiets doen om Stella terug te kry, maar sy moet eers verby Stefan kom.

Die konflik tussen die Gerbers en Samsodiens vererger.

Ronald begaan nóg foute en Siya is bekommerd. Wat gaan van Chris en Vivienne word?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters