5 maande gelede
Ronald beleef ’n groot terugslag
desperaat: Mariaan Welman soek raad by Kopano.foto verskaf  ~ 

Isidingo, weekdae 19:00 op SABC3

Hendrik en Wendy speel ’n gevaarlike game. Gabriel het meer afgebyt as wat hy kan kou en hy soek hulp op ’n verkeerde plek.

Obakeng en Cebisa wag op hulle eerste shipment dagga. Gatanga vat sy posisie as waarnemende skofbaas ’n bietjie te ernstig op. Sechaba is bang dat Gabriel die mense van die Deep aan sy kant het en hy maak ’n desperate move.

Sibiya vra Phindile om hulp om uit sy finansiële verknorsing te kom. Lalage se wêreld stort in duie toe sy agter die kap van die byl kom.

Generations, weekdae 20:00 op SABC1

Daar is skok en afgryse toe ’n skoot afgaan en iemand se lewe tot ’n einde kom. Lesedi kry ’n angsaanval op die slegste tyd ooit.

Smanga kry meer as waarvoor hy gebargain het toe ’n fight handuit ruk. Zitha probeer haar uit die moeilikheid lieg.

Die ink is nog nie eens droog nie en die eks-lovers stamp al klaar koppe. Tshidi is woedend toe haar “vennoot” haar uitoorlê.

Sphe haat dit om vir haar familie te jok. Lesedi probeer dinge opspice sodat haar crush weer in haar belang stel.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC2

Aggie ontvang ’n aanbod waarvoor sy nie nee kan sê nie. Char­maine is ongelukkig oor werk wat by haar bure se huis gedoen word.

Willem moet ’n moeilike besluit neem. Charmaine is bekommerd dat sy dalk mal raak. Mariaan is vasbeslote om haar plan deur te voer.

Vince en Aggie maak ’n belofte om nie hulle ooreenkoms teen mekaar te hou nie. Mariaan soek raad by Kopano.

Vince is glad nie impressed toe hy moet ingee vir Matrone se manewales nie.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & Kie

Lee-Ann het ’n plan om Mrs J se aandag af te lei van Ronald. Tim konfronteer sy pa weer, terwyl Carmen wonder of sy ’n familiepartytjie moet bywoon.

Bridgette en Lee-Ann gryp in by Rebecca se besoeke aan Ronald. Chris geniet sy nuutgevonde vryheid, terwyl Carmen en Rhafiek steeds haaks is. Ian gee vir Zoë ’n uitdaging, maar sy voel nie reg daarvoor nie. Rebecca kom tot haar pa se redding, maar dit het gevolge.

Rebecca neem Mrs J se versoek ter harte, terwyl Rhafiek Ian met ’n aanbod nader. Jenny lê weer by Chris besoek af. Ronald beleef ’n ernstige terugslag. ’n Groot verwikkeling kan Carmen en Rhafiek se lewe verander, terwyl Chris vasskop teen sy skuldeisers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters