2 maande gelede
Nontle worry toe haar doepa werk
Deel bevel uit: Bompie (Jarrid Geduld) trek toutjies in Arendsvlei.  ~ Verskaf

Arendsvlei, weekdae 20:00 op kykNET & kie

Bompie gee vir Langes instruksies om vir Cardo ’n les of twee te leer. Anton se gebak verkoop soos soetkoek en Steve plant ’n saadjie in sy kop. Die beheerliggaam maak ’n besluit oor Maurice se heraanstelling.

Hein is beïndruk met Steve se tegnieke vir die groentetuin. Monique is bekommerd oor Cardo.

Hamilton en Thys beraam ’n plan om Beatrice te verras. Janice vind Steve se kaart en Steve vertel haar ’n geheim. ’n Perfekte dag word heeltemal omgekeer toe iemand uit die verlede opdaag.

Generations, weekdae 20:00 op SABC 1

Lesedi is geskok toe haar baby daddy ’n breakdown kry. ’n Onskuldige man drink ’n drankie wat sy lewe vir ewig gaan verander.

Nontle is bekommerd toe dit lyk asof haar liefdesdoepa gewerk het.

Jerah se leuens haal hom in. Mazwi is briesend oor sy broer se verraad. Tau is op sy hoede toe hy hoor die minister is op sy spoor.

Die Diales kry ’n oproep van ’n bekommerde Kabisi.

Sphe is bekommerd toe sy hoor hoe Mazwi die oorlog wil wen.

Jerah wil sy geldmaak-scheme na die volgende level neem.

7de Laan, weekdae 18:00 op SABC 2

DeWet het ’n geskikte partner in sy visier vir sy dogter. Matrone kry eindelik die nuus waarop sy angstig gewag het.

Gabby en Khethiwe is baie nuuskierig. Mariaan besluit om ’n bietjie los te laat. Khethiwe luister af en maak die verkeerde gevolgtrekking. Fikani vrees die ergste.

Matrone besluit om die lewe ten volle te leef. Diederik bewonder Marko vir hoe hy die situasie met Esti hanteer.

Marko is geskok oor die nuus wat hy by Mariaan kry. Nikki het ’n verdagte afspraak.

Suidooster, weekdae 18:30 op kykNET & kie

Quinton het sy hande vol toe sy tjommie kom kuier. Junaid raak ál hoe nuuskieriger oor Kaashifa.

Justin vat sy pa aan. Bridgette maak haar next move.

Nazeem maak ’n besluit oor die toekoms. Justin is baie senuweeagtig en Quinton maak ’n nuwe vriend. Nazeem oortuig AB dat sy in Ruiterbosch wil aanbly ter wille van die familie, maar hy het ander planne.

Zoe verras Tim. Die Gerbers is kwaad vir Quinton. Justin probeer sy pa tevrede stel. Die spanning tussen Bridgette en Nazeem bereik breekpunt.

Quinton is onbewus van die strik wat vir hom gestel is. Justin het nog een kans om sy musiekloopbaan te laat werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters